Die moorde Vrydagaand op twee polisiebeamptes wat nie aan diens was nie word sterk veroordeel.
Konst. Lonwabo Kili (30) is om 20:00 doodgeskiet in die Delft toe hy ʼn kennis gaan oplaai het en konst. Siyamcela Ncipa (37) is in Khayelitsha buite ʼn vriend se huis doodgeskiet.
Reneilwe Serero, woordvoerder van Bheki Cele, polisieminister, het gesê in albei gevalle is die konstabels van hul vuurwapens beroof.
Cele het ʼn 72-uur-aksiespan geaktiveer om te verseker dat die verdagtes vasgetrek en daar beslag gelê word op die wapens.
Cele het sy diepste medelye met Kili en Ncipa se gesinne uitgespreek.
Mense met inligting oor die voorval wat sal help om die verdagtes te identifiseer kan hul naaste polisiestasie besoek of 0860 010 111 skakel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
En het jy , geagte minister, al ooit enige sodanige aksieplan geloods om die weeklikse plaasmoorde aan te spreek ?? Nee, ek glo nie, pateties màn.
Hoekom die vuurwapens saamdra as jy van diens is. Dis mos moeilikheid soek. Daar is n kluis by die polisiestasie as jy nie tuis n plek het vir veilige bewaring.
Geen wet en orde in ons piesang Republiek.
Elsa, eerder die wapen by jou as geen wapen. Polisielede word geteiken soos baie ander in die land. Hulle het waarskynlik nie eers tyd gehad om hul wapens te gebruik nie omdat die lafaards hulle verras het. Ek dink polisiebeamptes vrees vir hul lewens elke tree wat hulle stap.
Hoekom nie so vinnig reageer met plaasmoorde nie met spesiale eenhede om moordenaars op te spoor nie?