Twee polisielede ernstig beseer in transitorooftog

Foto: @Abramjee/Twitter

Twee polisiebeamptes het ernstige beserings opgedoen nadat hulle Maandagoggend op ʼn transitorooftog by Rooiwal, noord van Pretoria by Hammanskraal, afgekom het.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê die twee beamptes wat aan die Hammanskraal-polisiestasie verbonde is, het omstreeks 07:00 terwyl hulle op pad werk toe was op die transitorooftog afgekom.

Die verdagtes het op die beamptes losgebrand en hulle is met ernstige beserings vir mediese behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Muridili kon in dié stadium geen verdere inligting verskaf nie.

Daar is ook Vrydag omstreeks 17:30 op ʼn geldwa tussen Diepsloot en Krugersdorp in Gauteng toegeslaan.

ʼn Bende aanvallers in drie voertuie het op die N14 op die geldwa losgebrand en die bestuurder en twee bemanningslede beveel om stil te hou, uit te klim en op die grond te lê. Die verdagtes het daarna springstof gebruik om toegang tot die voertuig te kry. Die verdagtes het met kontant van die toneel gevlug en geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Blomme ·

Ai.. Ek wonder word die wilde weste verhaal aan die oorsese lande verkondig!

Deon ·

Anc regering het beheer oor niks nie, behalwe chaos…. As daar na vervolgings syfers gekyk word deur n boef met n halwe breinsel dan sal hierdie tipe ding na n goeie plan lyk om uit te voer.

Casper ·

Kollegas het nie respek vir hulle mede kollegas nie solank hulle net kan geld maak.Is hulle salarisse dan so swak dat hulle moet roof om aan die lewe te bly en op die koop toe sommer ‘n paar mense doodgeskiet.Daar is al hoe minder wagte wat deesdae doodgeskiet of beseer word.Word dit so beplan of is dit toevallig.Oom met die hoed gee opdrag aan jou manne in blou;shoot to kill and take no prisoners dan sal hierdie rooftogte op ‘n einde Kim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.