Twee polisielede se lyke gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Valke ondersoek twee onverwante sake van moord nadat twee polisiebeamptes se liggame Maandag onderskeidelik in ʼn huis en ʼn motor ontdek is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn beampte van Pretoria, lt.kol. Renier Lourens Lagois (42), se liggaam is Maandagaand in sy huis in Rietondale gevind. Altesaam 14 koeëldoppies het op die toneel gelê.

“Sy Toyota Corolla word ook vermis en daar word vermoed dat die verdagtes dit as ʼn wegkomvoertuig gebruik het,” het Mulaudzi gesê. Lagois was die hoof van ondersteuning by die Leote-polisiestasie.

Intussen is konst. Mbuyisela James Concoshi (34) se liggaam op die agtersitplek van sy motor gevind wat verlate op ʼn pad tussen Riebeeckstad en Thabong in Welkom in die Vrystaat aangetref is. Merke op Concoshi se nek het aangedui dat hy verwurg is. Hy het ook wonde aan sy kop gehad.

Volgens Mulaudzi was Concoshi verbonde aan die misdaadvoorkomingseenheid by die Welkom-polisiestasie.

Lt. genl. Mthandazo Ntlemeza, die nasionale hoof van die Valke, het gesê hulle is vasbeslote om die skuldiges vir die twee beamptes se moorde vas te trek. “Ons het al voorheen gesê dat die moord van ʼn polisiebeampte dieselfde is as om oorlog teen die staat te verklaar. Om ʼn polisiebeampte dood te maak bedreig die veiligheid van ons land en ons sal nie koelbloedige misdadigers toelaat om oproer in ons land te veroorsaak nie.”

“Ons is op die spoor van hierdie verdagtes en ons sal hulle kry. Hulle dae van beamptes treiter is getel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Innige simpatie aan die oorledenes se familie.

Maar moord van ons plaasboere is dieselfde as om oorlog teen die mensdom te verklaar.

Grant ·

En om boere te vermoor? Is dit nie ook ‘n bedreiging nie – ‘n bedreiging van ons voedsel sekerheid! Laat die mense honger ly en sien dan hoe bedreigd die veiligheid van die land gaan raak.

Nettie ·

Moord is moord, Grant, of dit nou ‘n boer, polisieman/vrou, swarte, kleurling, Indiër of wie ookal is. Die moorde op plase, op boere en werkers van die plase moenie uitgesonder word as aparte soort misdaad nie – dit bly moord, roof, doodslag, geweld, roof ens. Dit is duidelik dat hierdie twee polisiebeamptes “uitgehaal” is – dalk omdat hulle hoë-profiel misdade ondersoek het of gesnuffel het op gevaarlike plekke?

François ·

Wat is nou die verskil tussen die moord van ‘n polisiebeampte, enige burgerlike of ‘n plaasboere, Lt.genl. Ntlhemea?! Moet dit nie oorlogverklaring teen die ganse mensdom wees nie? Moord is moord, boeta! Daar is geen onderskeid nie!

Lee ·

Stem saam met jou Francois! Moord is moord en elke moordsaak moet dieselfde ondersoek word want die persoon of persone wat vermoor geword het se families is ook hartseer, kwaad en soek antwoorde en hulle is ook mense nes enige Polisie-beampte! Moenie voorkeur gee aan sekere moorde nie!

Avril - Pretoria Noord ·

Generaal se net vir my, hoekom is n polisieman se lewe eer werd as n boer, of n bejaarde. Hoekom tref jy onderskeid tussen hulle. Wil jy voorgee n polisieman se lewe is meer werd as die pupliek wat julle moet beskerm ????

Stuur asb vir my jou nommer dat ek jou dit persoonlik in jou gesig kan vra …..

A ·

Presies my gedagtes…. ek wou onmiddellik reply dat dit dieselfde is as moord op boere…. bedreig voedselsekuriteit. Bly om te sien verskeie ander deel selfde opinie as ek.

kobus van wyk ·

Ek stem moord is moord maak nie saak watse ras dit is nie maar vat aan n boer en n polisie man en my famielie dan wil ek bolle rol. Hulle het voor ons apteek n polisie man dood geskiet en die polisie man het bo op hom geval om hom vaa te hou tot hulp op daag . Toe die paramedics hom optel toe storm die gemeenskap op die verdagte af hy het baie seer gegekry….net jammer hy leef nog. Maar my punt is die gemeenskappe is net so moeg vur die krimenele

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.