Twee polisielede skuldig ná vals klagte van rassisme

Twee lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is skuldig bevind op verskeie kriminele klagte, insluitend crimen injuria. Dit nadat hulle hul eertydse bevelvoerder, lt.kol. Annemarie Oosthuizen, vals aangekla het van rassisme.

Die vakbond Solidariteit, wat Oosthuizen verteenwoordig het, het die hofuitspraak van die streekhof in Noordwes verwelkom, wat die twee lede skuldig bevind het aan aanranding, regsverydeling, meineed en crimen injuria.

“Die uitspraak in die kriminele saak is nie net ʼn oorwinning vir lt.kol. Oosthuizen en Solidariteit nie, maar ook vir enige persoon in die openbare sektor wat valslik van rassisme aangekla of beskuldig is,” sê Renate Barnard, ʼn sektorkoördineerder by Solidariteit. “Dit stuur ʼn duidelike boodskap aan die werkgewer, wat in hierdie geval die staatsdiens is, dat rassisme teenoor wit werknemers ʼn werklikheid is en dat dit in dieselfde ernstige lig beskou moet word as wat hulle rassisme teenoor swart mense beskou.”

Oosthuizen het reeds in 2017 dissiplinêre stappe ingestel teen die twee junior lede onder haar bevel wat hulself skuldig gemaak het aan wangedrag deur sonder toestemming of verlof nie vir werk op te gedaag nie. In hul reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee adjudant-offisiere ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen geopen deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het om na hulle te verwys. ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het egter na vore getree om teen hulle te getuig, al is sy ook later geïntimideer en het vir haar lewe gevrees.

Renate Barnard, Elizabeth Sechele en lt.kol. Annemarie Oosthuizen. (Foto: Verskaf)

Oosthuizen is tydens ʼn departementele verhoor van die SAPD onskuldig bevind op al die aanklagte van wangedrag. Tydens die verhoor is ook bevind dat die adjudant-offisiere en hul getuie blatant onder eed leuens vertel het. “Ongeag die bevinding het die SAPD tot op hede nog geen departementele stappe teen die twee adjudant-offisiere se onregmatige aksie ingestel nie. Solidariteit het toe ʼn arbeidsdispuut ingevolge die Wet op Billike Indiensneming namens Oosthuizen na die arbeidshof in Johannesburg verwys,” sê Barnard.

Barnard sê dit is skokkend dat polisiebeamptes in die polisiediens aan sulke optrede aandadig is. “Dit is nog meer skokkend dat die werkgewer nie optree nie. Versuim deur die werkgewer om teen wangedrag en veral rassisme op te tree, trek sy bevoegdheid sterk in twyfel en laat die vraag ontstaan dit nie doelbewus is nie,” voer Barnard aan.

Vonnisoplegging in die kriminele saak wat meer as drie jaar geduur het, sal op 19 Junie plaasvind. “Ons is verheug oor die uitspraak en dat geregtigheid uiteindelik geskied het. Ons is ook dankbaar vir Lizzie Sechele wat vir die waarheid opgestaan het en sodoende ook vir reg en geregtigheid. Hierdie saak skep ʼn duidelike presedent in ons stryd teen diskriminasie en veral rassisme en dubbelstandaarde in die SAPD,” sluit Barnard af.

Oosthuizen het ook nou ʼn siviele eis teen die polisievakbond Popcru ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

J ·

WELGEDAAN Annemarie en Solidariteit!!! Baie geluk met julle oorwinning!!!

Lizzy Sechele verdien bevordering vir haar integriteit!

As belastingbetaler hoop ek dat die INDIVIDUE die regskoste sal betaal eerder as die staat.

Plaas asb die fotos van die RASSISTIESE KRIMINELE sodat ons hulle kan dophou!

Nie Verbaas ·

N goeie oorwinning teen rassisme. Kom ons kyk wat gebeur met die twee skuldiges oor hulle laakbare gedrag waaraan hulle skuldig is. Popcru, kry vir julle.

Renee ·

Hulle gaan seker wegkom met n’ waarskuwing en n’ opdrag dat hulle geleer sal word hoe om met mense te werk nie. Is dit nie nou die nuwe wet van SA nie. Baie geluk Solidariteit dit is hoekom ek tot die dag van my dood n’ lid van julle sal wees

Annelize ·

Ek is glad nie verbaas dat daar nog glad nie teen die twee wat meineed gepleeg het, opgetree is nie. Dis die norm in die Polisie, ek weet wat ek van praat, my man was 25jaar in die Polisie.
Jy as blanke lid moet nie waag om dissipliner op te tree teenoor ‘n nie-blanke nie, dan kom die hele hel op jou neer, en word jy uitgekryt vir ‘n rassis. Presies wat met Annemarie Oosthuizen gebeur het, is glad nie ‘n geisoleerde geval nie.

Mariana ·

Baie geluk aan haar en hopelik sal meer sulke sake ook uitgelig word. Ook aan haar medewerker wat opgestaan het vir die waarheid en vir haar. Wel gedaan.

Alexander ·

Dankbaar dat geregtigheid hier geseëvier het. Daar is vele ander gevalle waar witmense in staatsdiens onder rassisme gebuk gaan. SAPD sal waarskynlik appelleer, maar mens vertrou tog, dat ten spyte van gekaapte regbank die beslissing gehandhaaf sal word. Dalk sal dit ander amptenare wat onder soortgelyke rassisme gebuk gaan ook aanmoedig om aksie te neem.

Jannie van Niekerk ·

Daai twee sal absoluut NIKS oorkom nie, want hulle is SWART. Indien die Suid Afrikaanse Regstelsel wel regverdig is, (wat ek sterk betwyfel) moet hulle ten minste drie jaar tronkstraf kry vir Crimen Injuria asook sonder enige voordele soos pensioen en medies uit die SAPD ontslaan word.

katerinadiekat ·

Ek is so bly reg het geseevier, Annemarie! En baie baie dankie aan Elizabeth Sechele!

JohanR ·

Wel gedaan aan almal in die saak. As jy soe lieg, dan moet jy voel!

Stephanie ·

Welgedaan Elizabeth! Geluk aan Annemarie en Solidariteit – daar is nóg sulke gevalke.

Jack ·

Al loop die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel. Dit is hoog tyd dat die ontsettende baie leuens wat deur die linkse ANC kaders versprei word aan die kaak gestel word en skade vergoeding van hulle geeis word.

Flip ·

Daarshy, lekker man, looi hulle! Ek haal my hoed af vir Lizzy om haarself in “gevaar” te stel sodat die waarheid kan seëvier. Wel gedaan!

Michael 1 ·

Daar is goeie en slegte mense van alle rasse en ek glo die goeie mense is in die meerderheid.

Susan ·

Eks bly di waarheid is uit. Sekeres dink hulle kan daarmee wegkom. Hulle lieg saam en dink dit sal hulle help om ons uit te werk maar toe trek hulle aan di kortste end. Wel gedaan al was hulle lewens in gevaar

Jaco ·

Daars nou wel in dié wit luitenant-kolonel se guns beslis, maar as jy in 2020 wit is in SA:
1. bly weg uit die staatsdiens
2. as jy in die staatsdiens móét werk, BLY DAN WEG uit jobs waar jy ‘n gesagsposisie bo andere kry. Kanse vir rassekonflik is net te groot.
My 2de punt geld eintlik maar vir meeste werke. Wit mense moet net wegbly uit alle bestuursposte. Dis bloot “lokvalle” om later weens dikwels relatief klein insidente van rassekonflik, van daardie wit mense ontslae te raak.
Sulke jobs is al vir my aangebied, maar ek het geweier. Ek bly eerder met minder geld net ‘n gewone werker. Die risiko’s wat saamgaan met wit “baas” wees is net te groot.
Maar net so by the way: watse swart owerhede was so “vrygewig” om dié wit vrou die hoë pos van luitenant-kolonel te gee? Hoekom is normale anti-wit politieke korrektheid nie gevolg nie? Baie poste bly dan vir jare vakant omdat geen geskikte swart kandidaat gekry word nie en geskikte wittes dit nie mag vul nie. Iets maak dus nie sin nie.

lodewyk ·

Wel gedaan,wil net weet of hulle ook n eis gaan insit teen Cele??

Catantho ·

Vals klagtes van rassisme is opsigself rassisme. Dit behoort by hulle klagstate gevoeg te word. Die wankonsep (onder swart mense) dat swart mense nie rassisties kan wees nie, behoort beveg te word op alle vlakke, ook in ons howe. Goeie werk!

Wielspore ·

Puik, proef saak wat suksesvol was wat die weg baan vir toekomstige sake waar mense valslik van rassisme beskuldig word.

Bloedhond ·

‘N ware heldin in vandag se tye teen die bose. Jy het my respek Annemarie Oosthuizen!

Magda ·

Lizzy – jy is n ster – en ons as Wit mense dank jou vir jou eerlikheid en regverdigheid. Mag jou loopbaan in die Polisie die rede wees hoekom jy aangesluit het, om diens te lewer vir ALLE Suid Afrikanes – maak nie saak jou Velkleur nie. WELGEDAAN.

Annelize ·

Ek is verheug oor hierdie bevinding, en net so verheug dat daar nog mense soos Elizabeth Sechele daar buite is, wat opstaan vir die waarheid, al is sy geintimideer. Want dit is mos die wapens van keuse daar buite, om rassisme te skree vir alles en om intimidasie in te span, if all else fails.

Dis HOOGTYD dat nie net die mense hier in ons land nie, maar die HELE WERELD daarbuite, besef, rassisme kom van twee kante af. Laat ek julle vandag vertel, daar IS ‘n ding soos swart teen wit rassisme, dis very much alive and kicking. Ek het dit verlede week TWEE keer beleef. Ek is verlede week vir ‘n “white madam living in a mansion” geskel. Die man het seker gedink ek gaan stilbly, maar ek het op my twee voete gestaan, en hom baie mooi reggehelp, hy het dit nie verwag nie. ‘n Kennis van my se man is verlede week vir ‘n wit hond geskel deur ‘n swart vrou wat letterlik verby hom geloop het op straat. Hy het nie eers vir haar gekyk nie, maar sy het dit nodig geag om hom te skel. Hoekom?

daniel ·

Hulle glo nie in optredes teen ” our people ” nie. Skandelik maar waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.