Twee polisielede vas oor omkopery

Foto: polokwane.gov.za

Foto: polokwane.gov.za

Twee polisiebeamptes van Polokwane is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van Zimbabwiërs op ʼn bus in die dorp geëis het.

“Die twee beamptes is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle die omkoopgeld geëis het van Zimbabwiërs wat met ʼn bus na Suid-Afrika gereis het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hulle het glo die bus betree en geëis om die passasiers se paspoorte te sien. “Hulle het glo aan sommige van die passasiers gesê hul paspoorte is nie geldig nie en het R100 van elkeen aan boord geëis voordat hulle met die reis sou kon voortgaan,” het sy bygevoeg. “Terwyl hulle die geld ingesamel het, het van die passasiers die polisiebeamptes oorrompel en hulle het ʼn gordel, hemp en naambordjie van een van die beamptes gegryp.” Die polisiebeamptes het gevlug en die busbestuurder het na die plaaslike polisiestasie gery om die voorval aan te meld.

“Die twee polisielede het in daardie stadium by die stasie opgedaag en die passasiers het hulle uitgewys.”

Die twee sal na verwagting Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Professionele en gehalte diens sé die kommisaris Riah Phiyega gister. As sy tog net wil gaan werk in haar vak gebied, dat die polisie ‘n LEIER uit die polisie kan kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.