Twee ‘polisiemanne’ doodgeskiet

midrand kapers

Die verdagtes se voertuig. Foto’s verskaf aan @PigSpotter / Twitter

Twee mans, wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het, is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die Valke in Midrand, Gauteng doodgeskiet.

Volgens Paul Ramaloko, die Valke se woordvoerder, het beamptes die insittendes van ʼn voertuig met vervalsde polisienommerplate en polisieplakkers daarop, gekonfronteer. Van die verdagtes was in polisieuniforms geklee.

'n Vuurwapen en polisie-uniform binne die verdagtes se voertuig. Foto: @PigSpotter / Twitter

‘n Vuurwapen en polisie-uniform binne die verdagtes se voertuig.

Twee verdagtes is noodlottig gewond. Drie persone is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op die voertuig en twee vuurwapens. Die moontlikheid word ondersoek of die verdagtes aan ʼn reeks kapings en besigheidsrooftogte verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jack de klerk ·

Ons moet hulle name kry en publiseer. Waar bly hille wie is hulle familie.

lorayne ·

Mooi werk Voëltjies!!!!!
Mag die Here ons TRUE Blue boys & girls beskerm!

Bielie van die Bosveld ·

Uitstekend Valke, die publiek is al keelvol vir al die misdaad.

Griet ·

Het hierdie gekry op IOL se se webwerf:

The SA Police Service tweeted that Hawks officers confronted five bogus police officers in a fake police vehicle in Midrand on Tuesday night.

According to the police, two were fatally shot and three were arrested.

According to eNCA, one of the three arrested suspects is a qualified policeman based in Midrand.

Reg so Valke: maak skoon ons polisiediens!!

Adri ·

Hoop dis di varke wat my seun Jacques gerop het. Skiet hul moenie vrae vra ni!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.