Twee polisiemanne vas ná moord in Westbury

Min. Bheki Cele en genl. Khehla Sitole het Westburt besoek nadat die gemeenskap in opstand gekom het teen misdaad. Foto: ANA

Twee polisiebeamptes is in die weste van Johannesburg in hegtenis geneem op aanklagte van moord en regsverydeling.

Vishnu Naidoo, woordvoerder van die nasionale polisiekommissaris, sê die multidissiplinêre taakspan wat ontplooi is in Westbury as deel van die SAPD se poging om die situasie in die gebied ná die onlangse oproer te bestendig, is in hegtenis geneem ná die dood van die 21-jarige Bradley Sauls. Hy is doodgeskiet terwyl hy op 24 Julie in die buurt gestap het.

“Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla John Sitole, het die gemeenskap besoek ná klagtes van dwelmhandel, korrupsie en misdaad in die algemeen,” sê Naidoo.

“Sedert hul besoek is die omgewing van Westbury versadig met polisiebeamptes van misdaadintelligensie, die Valke, taktiesereaksiespanne, openbare-ordepolisie, sigbare polisiëring en ʼn ondersoektaakspan as deel van die stabiliseringsingryping.”

Naidoo sê die multidissiplinêre taakspan het onder meer ook opdrag gekry om die moord op Sauls te ondersoek. “Die span het danksy intensiewe ondersoeke ʼn groep verdagtes geïdentifiseer.

“Op Vrydag 5 Oktober is vier van hulle toe in hegtenis geneem. Taiton Palmer (73), Dennis Oliphant (25), Desmond Oliphant (37) en Keenan Ebrahim (34) het Maandag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 18 Oktober.”

Intussen, sê Naidoo, het die taakspan se ondersoek voortgeduur en het hulle Woensdagoggend ʼn vyfde verdagte aangekeer.

Daarna is die polisiebeamptes, AO Wynand Steyn (45) en sers. Tom Keet (42), ook in hegtenis geneem, wat die inhegtenisnemings in verband met die moord op Sauls op sewe te staan bring. “Die twee beamptes het na bewering deurslaggewende bewyse weggesteek nadat hulle eerste op die [moord]toneel opgedaag het,” sê Naidoo.

Dié twee en die vyfde verdagte het Donderdagoggend in die hof verskyn op aanklagte van moord en regsverydeling. “Die staat sal enige poging van hulle om borgtog te kry, teenstaan,” sê Naidoo.

Die SAPD is terselfdertyd besig met ʼn interne ondersoek en verwag nog mense sal binnekort in hegtenis geneem word.

Sitole sê hy is tevrede met die taakspan se ondersoek sedert hulle sowat ʼn week gelede in Westbury ontplooi is. “Ek glo die span sal aanhou dag en nag werk om almal aan die man te bring wat vir die misdaad in Westbury verantwoordelik is. Die inhegtenisneming van die twee polisiebeamptes wys niemand is bo die wet verhewe nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos1 ·

Het die twee polisie beamptes in die hof verskyn en gepleit?
Raak dit nou ‘n nuwe tendens in die land dat name bekend gemaak word voordat ‘n pleit in die hof aangebied word?
Dit was die Dros verkragter 3 weke terug en nou die 2 polisie beamptes.
Ek weet nie of ek reg is nie? Mag dit gebeur of mis ek iets?

nannie ·

Hulle is seker wit.
Alles wat wit doen mag die name gese word.

Eish ·

Polisieer die polisie?
Née genade tog!
Wie gaan die ouens dophou wat die polisie dophou terwyl hul ons dophou?

marous ·

Dit wemel van die polisie en die valke . Behoede die arme inwoners !

Santjie ·

O grote griet! daar klim die statistiek al weer met misdadigers in die polisie

Griet ·

Ag nee wragties, daar is seker darm nog eerbare polisie oor? Almal kan nie korrup wees nie? Ek voel jammer vir polisielede wat hul werk doen en eerbaar is, want hulle word almal oor dieselfde kam geskeer as die sleg. Dit is darm ook nie reg nie. Julle kan gerus ‘n paar berigte plaas van goeie polisiering.

humor ·

Lyk my daar is darem n suiweringsprose in die polisiediens.
(1) Hulle moet eers n ernstige misdaad pleeg.
(2) Hulle moet eers betrap word.
(3)Hulle moet dan tenspyte van die staatsaanklaer se subtile hulp skuldig bevind word.
(4) IMet beperkte vonnis as rehabilitasie tydperk is hul weer slaggereed vir die polisidiens.

Sean ·

2 SAP lede? Alby blankes ? Nee wat nou moet die blanke SAP lede terug staan as n misdaad aangemeld word want hulle word as skuldiges gearresteer Miskien weet hulle te veel

Vlooitjie ·

Nie te se omdat hulle vanne Steyn en Keet is, dat hulle blank is nie. Dit is algemene vanne by kleurlinge.

Sean ·

Daar was in 2017 slegs 3 blanke persone by SAP in diens geneem Die wat huidiglik in die mag is se werk en lewens is in gedrang as hulle gearresteer word wanneer hulle hul werk doen

Vlooitjie ·

Nerens is daar genoem dat die polisie persone blank is nie. So ver my kennis strek is Westbury n kleurling gebied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.