Twee probeer Pta-seun (4) by verkeerslig uit kar pluk

Louis Coetzee veilig in sy tannie, Alta van Wal, se arms. Foto: Chalene Coetzee.

Louis Coetzee veilig in sy tannie, Alta van Wal, se arms. Foto: Chalene Coetzee.

“Mamma, die skelms wou my vang,” was die eerste woorde wat Louis Coetzee (4) vir sy ma, Chalene (30), gesê het nadat twee mans hom Maandag uit sy tannie se motor by ʼn verkeerslig in Pretoria probeer pluk het.

In die harwar het Alta van Wal, Louis se tannie, verbete aan hom vasgeklou en van haar naels gebreek terwyl ʼn derde man haar ook uit haar motor wou pluk. Dit het so aangehou totdat twee jong mans wat in die motor agter haar was, tot haar redding gekom het.

“Ons twee is oukei, nog net bietjie geskok. Maar ons is vreeslik dankbaar teenoor die Here wat ons beskerm het, en vir die twee jong mans wat tot ons redding gekom het,” het Van Wal Maandag aan Maroela Media gesê.

Van Wal verduidelik sy en Louis was in haar Toyota Etios van East Lynn op pad na ʼn sakeonderneming in die weste van Pretoria. Louis was Maandagoggend siek en is nie oudergewoonte saam met sy sussie, Luane, kleuterskool toe nie en het saam met sy tannie gery.

“Dit was baie warm en die motor se vensters was halfpad oop. Ek het by ʼn rooi verkeerslig by die kruising van WF Nkomostraat [Kerkstraat-Wes] en Es’kia Mphahlelerylaan [DF Malan] stilgestaan. Ek en Louis het gesit en gesels toe die bestuurder van die rooi motor agter my ewe skielik erg op sy toeter blaas en hoofligte flits. Die jong mans het met hul hande na buite my motor beduie, toe sien ek daar is twee mans wat besig is om Louis aan sy arms uit die motor te trek.”

Van Wal het gesê alles het so vinnig gebeur en al waaraan sy kon dink was om vir Louis te baklei. ʼn Derde verdagte kon intussen daarin slaag om Van Wal se deur oop te maak en het haar uit die motor probeer pluk.

“Die twee jong mans het uit hul motor gespring, waarna die aanvallers die hasepad gekies het. Ek het daarna weggejaag en wou net by ʼn veilige plek uitkom.”

Sy het tot by die sakeonderneming gery waar die personeel haar kalmeer het. “Ek wou net die sake afhandel en terugkom by die huis en om Louis by sy ma te kry. Chalene werk vir my man se onderneming wat ons uit ons huis bedryf.”

Chalene het ʼn aan Maroela Media gesê sy is dankbaar dinge het nie erger uitgedraai nie. Sy het mense versoek om te alle tye bewus te wees van wat om hulle aangaan en om versigtig te wees as hulle in die gebied is.

“Ek weet nie wie die jong mans is wat my gehelp het nie, maar bedank hulle uit die diepte van my hart. ʼn Mens hoor altyd van die goed wat gebeur, maar dink altyd dit sal nie met jouself gebeur nie,” het Van Wal gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Eish! ·

Sjoe, ek neem aan hul wou die motor kaap. Anders hoekom iets so vreeslik doen? Mooi vir die jong mans wat gehelp het. Dit wil my voorkom ons almal moet maar optree assof ons die SAP is. Al wat sal werk. (Reg in eie hande neem en doen wat gedoen moet word om ons en ons naaste by te staan)

Piet ·

Donderdag het ons daar langs gery op pad Elarduspark toe ‘n man deur oop ruk en my vrou se hangertjie van haar nek af ruk

Paul ·

Ek blameer definitief nie die slagoffer nie, maar dit toon waarom dit maar altyd ‘n goeie idee is om die kar se deure te sluit. Indien die kar nie, soos talle deesdae, outomaties die deure sluit bokant ‘n sekere spoed nie, raak maar net in ‘n gewoonte om die deure te sluit voordat jy die enjin aanskakel.

Marius van Niekerk ·

Dis barbaars om die minste te se. ‘n 4 jarige kind!! Watse ongelooflike trauma sou dit nie gewees het as hulle dit reggekry het nie. Dankie Here hulle het nie.

Anon* ·

Daarom maak ons seker dat ons die deure sluit. En maak ons nie die vensters te groot oop nie. Ja ek weet dit is warm nou, maar ons veiligheid is meer van belang. Mense moet versigtig wees. Bly dat die seuntjie niks oor gekom het nie.

Hannes ·

Ek as man sou 10 jaar terug nie eers daar gery het met oop vensters nie. Bly hulle is darem veilig.

Hannie ·

Mag ek vra waar is ons dierbare God van liefde wat ons moet behoed, bewaar en beskerm teen die huidiige misdadige euwels in ons land.

Albert Boon ·

God is altyd daar en sien alles raak! Ek stem saam, Hy werk gereeld deur ander mense en soms op vreemde wyses. Ons as mense, verstaan dit maar net nie. Seker maar waar onwrikbare geloof inkom.

Sies vir jou ·

Hannie, waar is jou geloof? dis omdat mense soos JY altyd vir God wil blameer omdat MENSE onverantwoordelik is. Vat verantwoordelikheid vir jou eie dade, hou op om ander te blameer. God help die wat hulself help, nie jy kan agteroor sit en God moet als doen nie. Hemel man, kom by!!!!!!!

Narike ·

Gaan lees jou Bybel en besef dat elke dag ‘n stryd is teen die bose, en dat jy in die lewe God se liefde en genade moet verdien. Beproewings word op ons pad gesit om ons meer oplettend en sterk van gees te maak. En as daar iets in jou lewe gebeur het wat jou tot twyfel in God gebring het, sorteer dit asb tussen jouself en die Hemelse Vader uit. Net dwase spreek lee woorde.

Maroela, haal asb mense wat God se woord in twyfel trek van die kommentaar af. Julle plaas tog nie lasterlike of twyfel agtige kommentaar oor kleur, ras of taal nie. Godsdiens hoef nie so deur te loop nie.

Yvonne ·

Hannie hoe kan jy dit vra, jy kan God se Hand in die hele gebeure sien. Hy het die tannie en die kleintjie veilig gehou, om nie eens te praat hoe die Here daai 2 jong mans gebruik het nie. Dankie my Vader dat U U Hand oor hulle gehou het en die bose oorwin het

Réno ·

Hannie, die vraag is nie ‘waar is ons dierbare God van liefde wat ons moet behoed en bewaar nie’, maar veel eerder wat is ons verhouding met ons Hemelse Vader en waar is onderonderhouding van Sy verbond. Sonder dat ons sy wette onderhou kan ons nie verwag Hy moet ons behoed en bewaar nie. Lees Deut 28.
Prd 12:13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

Peet Schabort ·

Man, dit sou darem lekker wees om so téénaan as moontlik verby Alta se Etios te kon skuur . . .

Leeutjie ·

Peet ek sou self nie eers omgegee het vir ‘n paar skrapies op my motortjie. Om die waarheid te se sou ek my karretjie afgeskryf het om daardie seuntjie te red!

christine ·

Maak nie saak wat of wie nie, mens kan net dankie se vir Jesus vir daardie 2 engele wat tot jul redding gekom het. Mense nou se tyd wil nie betrokke raak nie, ai Louis jy en Tannie Alta was baie gelukkig om ongedeerd af te kom van so n’ situasie. Sterkte!!

Susan ·

Ek weet nie hoekom julle so aangaan nie. Hannes het net probeer vir ons vertel dat dit baie gevaarlik is in daai geweste. Iets wat my ook opgeval het Maroela is dat wanneer “”wit mense betrokke is 80% die persone gewys word, wanneer dit “swartes is dan word daar ‘n prentjie gewys by die berig. Is daar enige rede voor? Ek is baie bly dat nie kleinding veilig is. Dit gaan in elk geval ‘n letsel los.

Sune van Heerden ·

Dagsê Susan

Ons publiseer gepaste foto’s wanneer dit aan ons beskikbaar gemaak word, veral in gevalle waar ons met die familie of naasbestaandes in verbinding kon tree. Indien ‘n argieffoto ter illustrasie bygevoeg word, is dit bloot omdat ons nie ‘n ander foto tot ons beskikking gehad het nie. Kontak ons gerus by [email protected] indien jy verdere navrae hieroor het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Susan ·

Dankie Sunê vir jou verduideliking. Dit was net vir my opvallend. maar ek sal julle op ‘n latere stadium kontak. Ek geniet Maroela Media verskriklik. Baie dankie vir ‘n puik media.
Lekker dag

marlene oosthuizen ·

My seun is ook verlede Vrydag op hoek van DF Malan rylaan en Strubenstraat van foon en kettinkie beroof terwyl mes op sy hart gerig was. Skurk het ook gevra vir sy beursie wat hy nie by hom gehad het nie. Sy sakke is deursoek om seker te maak hy jok nie. Die skurk het toe hy loop geglimlag en hom ‘n f@$ken white trash genoem. Is dit nou rassisties of nie? Hou asb julle ruite toe en deure gesluit as julle deur die stad ry. Dit is ‘n crime paradise daar. Baie bly die seuntjie en vrou is veilig. Kon so anders gewees het. Selfs die twee jong mans wat gehelp het kon seergekry het. Daarom dat niemand meer wil help.

Sumari ·

Marlene ek is baie jammer oor dit wat jou seun mos deurmaak. Iets wat my boos maak is dit wat hy vir jou kind gesê het. Hulle is in elk geval die grootste rassiste. Hulle maak dat witmense haatlik teenoor hulle is, maar anyway skurke sal hulle wees tot hulle 6 voet onder is. Ek is baie bly die vrou en seuntjie is veilig.

Lientjie ·

Sjoe ek is nie geskok oor die berig nie die kommentaar skok die meeste, wat maak die ras of kleur van die mans saak. Hannie??? jou kommentaar waar was GOD, Hy was daar Hy het gekeer dat die kind en vrou seer kry. Ja hulle is geskok maar hulle is tuis en hulle haal asem.

Retha ·

Ek wil nie eens kommentaar lewer nie want Maroela Media plaas dit in elk geval nie.

Maar wat ek eintlik sou wou se is ja, ons moet paraat wees ens ens ens, maar omdat dit ‘n wettelose land is word die mooi land van ons in ‘n hel omskep. Ek se vir julle, die mense word gatvol…………..

Yvette ·

Ek ry elke dag daardie pad, dit is al pad van my huis tot by my werk en terug. Ekt nou al n paar dinge geleer, hoop dit is van hulp: 1 Maak seker al die deure is gesluit voor jy enige persëel verlaat!!2. Maak jou ruit toe as jy moet stop of stadiger moet ry. 3 As hul van agter jou kar aangesluip kom sit verwoed jou kar in reverse asof jy reg is om hul te stamp, ekt al gesien hul skrik so groot hul hardloop weg, die ou agter jou begin hooter druk en maak almal hewus. 4 los genoeg spasie tussen jou en die kar voor jou oop vir n goeie pluk vorentoe sou jy dit nodig, dit het my gered van n mes aanval na ek by die garage uit is vir petrol en my ruit oop gelos het. 5 Steek alle “lokaas” weg, handsak onder die sitplek en bêre jou juwele, jyt nie nodig om daarmee te ry nie. ‘n Mens moet al begin dink soos die skelms om jouself te beskerm. Dit is nou maar ongelukkig die omstandihede waarin ons onsself bevind.

jeanette ·

Ek het nou al met menigte mens gepraat en lyk my almal is besig om hulle geloof te verloor, selfs as jy kyk hoe leeg is die kerke deesdae is, maar nietemin ons Afrikaner volk moet op ons kniee gaan en bid soos nog nooit tevore nie sodat ons land uit hierdie “gemors” kan kom. En intussen dink ek help jouself want ‘n ander skrywer het immers gese God help net die wat hulle self help of hoe?

lena ·

Ek weet ons blanke afrikaner nasie loop erg deur onder geweld en misdaad. Maar mense net so ook alle onskuldige rasse en nasies. Het jul al gedink dat God dalk van elke een wat in Hom glo verwag om hande te vat en te herenig in sy woord?? Hetsy watter taal, ras of kleur? Jy kan nie sê jy is n christen en verwag God se koningkryk is net vir n sekere ras nie………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.