Twee renosters in Limpopo gestroop

(Foto verskaf deur SAPD)

Die polisie in Thabazimbi in die Waterberg-distrik van Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat betrokke was by ’n renosterstropery-voorval by ’n plaaslike wildreservaat.

ʼn Veldwagter het Dinsdagoggend die reservaat gepatrolleer toe hy op twee renosterkarkasse afgekom het. Die twee renosters is geskiet en onthoring.

Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, is die saak na die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies oorgeplaas vir verdere ondersoek.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het ’n beroep op die polisie gedoen om hul beskikbare hulpbronne te gebruik om die verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om ao. Cois Van Deventer te kontak by 082 872 1741 of Stop Misdaad by 08600 10111.

(Foto verskaf deur SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Henry ·

Dis nie mense wat dit doen, Dis een of ander sub spesie wat nooit moes bestaan het nie. Ek hoop hulle word gevang . Gooi hulle in n boma met renosters . Laat hulle boet vir hulle dade. Genoeg is genoeg!!!

Di ·

Ek het GEEN HOOP meer vir die land met hierdie skuim wat orals rondloop en verwoes nie.

Juanita ·

Hierdie foto’s is vreeslik ontstellend. Sou dit eerder nie wou sien nie.

Karoo ·

Vraag en aanbod…. as jy renosters het, met ‘n horing… dan is dit nie’ n vraag van “of” nie… maar wel “wanneer”. Let wel…. el se nie dis reg wat gebeur nie, maar die ding kom al baie baie lank aan… and it is not going to stop anytime soon, unless…. alle renosters onthoring is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.