WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Twee witrenosterkoeie is Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn wildreservaat in die Oos-Kaap deur stropers doodgemaak.Nick Fox, die eienaar van die Sibuya-wildreservaat naby Kenton-on-Sea, het Vrydag gesê ʼn derde renosterbul is ook deur die stropers beseer. “Een bul het dit oorleef. Ons probeer al heeldag om hom op te spoor,” het Fox gesê.
“Hulle [die stropers] het ʼn pylgeweer gebruik omdat hulle nie ʼn geraas wou maak nie.” Volgens Fox het die reservaat se anti-stropingseenheid gaan ondersoek instel na die welstand van ʼn ander groep renosters, maar toe hulle terugkom het twee renosterkalfies na hulle toe aangehardloop gekom.
“Een van die kalfies het bloed op hom gehad. Ons het toe geweet daar het iets gebeur,” het hy gesê.
Die twee renosterkarkasse is later sonder hul horings gevind. Die kalfies, onderskeidelik drie maande en 11 maande oud, is weggestuur om met die hand grootgemaak te word.
Fox het gesê die polisie was by die reservaat, maar hulle kon nie onmiddellik bereik word vir kommentaar nie. “[Die stropings] is baie erg. Dit lyk asof daar definitief ʼn groep stropers is wat in die Oos-Kaap rondbeweeg,” het hy gesê.
Daar is na raming sowat 20 000 witrenosters in die wêreld oor, waarvan die meeste in Suid-Afrika voorkom. Stropingsgetalle het egter oor die afgelope paar jaar drasties toegeneem. In 2007 is 13 renosters in Suid-Afrika gestroop. In 2015 is 1175 renosters aan die hand van stropers dood.
Dit is wreed om renosters net vir hulle horings dood te maak. Stopers is net soos dwelm smokkelaar. Solank hulle net ‘n paar Rand in hul sak kan steek voel hulle niks vir die samelewing en omgewing!
Hoekom moet hulle die renosters doodmaak? Kan hulle hulle nie net verdoof en dan die horing afsny nie, dit kan mos selfs weer bietjie teruggroei…dis so hartseer en wreed.
Dis om van MAL te word!!!! Hièrdie wreedaards moèt diie doodstraf kry!!!
Ek wens so die verbod op renoster horing handel word gelig. Dan kan SA sy voorraad horing teen goedkoop op die mark stort en die stropers se massiewe winste in die wiele ry. Dit sal ook wildboere iniatief gee om meer renosters te teel en op ‘n etiese en volhoudbare manier met hulle te boer vir horings en/of jag. Dis eenvoudig die beste kans wat die spesie het om te oorleef, teen die huidige tempo is dit oppad uit.
Jan, ek stem ook vir jou voorstel, blykbaar is die privaat sektor in die hof teen die regeering on dit wettig te maak maar weg die regeering daarteen.
Skep n waarde aan n renoster vir die wildsboer en meer privaat wildsboere sal intensief begin teel met die spesie, Tans is die spesie net n risiko vir enige wildsboer en is daar omper nie eers meer n mark vir renosters nie.
Hoe lank nog voor dit te laat is???
Dalk is daar mense daar bo wat ook voordeel trek uit die stropery
Sal nie rus voor da niks me isi
Gaan soek die verdowings pyle, dan, kan julle ide vervaardiger van die pyle kontak en hulle kan kyk watter veeartse het aangekoop. Ek glo Veeartse is verantwoordelik of betrokke. Begin sommer deur te kyk watter veeartse het die Renosters na daardie plaas toe geskuif en begin rondvra waar ander stropings was. Ongevoelige mense wat hulle kan dart maar nie weer die renosters wakker maak nie. En wat van helikopters? Enige helikopters laag gevlieg. Vra die gemeenskap uit. Ek wil daardie mense vasmaak aan ‘n rooimier nes en heuning oor hulle uit gooi. Ai sal moet gaan bid vir vergifenis, maar mag die hemelse Vader hulle swaar straf.
Beste opsie wettig die handel in renosterhoring
Baie hartseer, wens dit wil stop. Hulle(stropers) het geen genade vir niks. Die stropers sal eers rus as daar nie meer een enkele renoster oor is nie. Iets sal beslis gedoen moet word.
Het al voorgestel dat “blimps” (groot lugskip tipe balonne) met kameras gebruik word om woonbuurte en wilplase onder skuriteits bespieding te hou.
Ek stem saam, maak dit wettig, dat wildsboere hulle teel en hulle horings veryder sonder om hulle dood te maak, dat die chineese mark gevloed word en mark waarde af gaan sodat dit sinneloos is vir die wreede, sielloose verskonings van mense om dit te doen.
Baie hartseer! So kry jammer vir renosters wat klaar dood is! Sterkte!
om die horings te verkoop is mos nou wettig, hoekom vat hulle (die eienaars met harte) nie die arme diere en laat die horings maar afhaal. Ek weet dan is die nie meer `n renoster nie maar die diere verdien nie die pyn nie. ek hoop die kalfies oorfeef dit. Hoop julle kan die ander renoster beskerm.