Twee renosterkarkasse is op ʼn wildsplaas buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo gevind.
Wildbewaarders het Saterdag op die twee karkasse op die wildsplaas in die Dorset-gebied afgekom, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.
Die polisie is na die toneel ontbied. Net een van die renosters se horings is verwyder.
Volgens Mojapelo het die polisie se eenheid vir bedreigde spesies ʼn soektog begin na die verdagte(s) wat die diere doodgemaak het.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om ao. Van Heerden by 082 414 2337 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.
Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Ek weet nie meer wat om hiervan te sê nie, want elke keer breek my hart van voor af …
Onthoring die skuldiges.
Waar is die dae wat jy jou eindom kon beskerm het…
Dit is so verskriklik en die haat in my groei by die dag. As daar nog plek is vir groei.