Twee renosters op wildsplaas gestroop

Renosters op die wildsplaas naby Jeffreysbaai. Foto: SAPD

Twee renosters is Woensdag in die vroeë oggendure deur stropers op ʼn wildsplaas naby Jeffreysbaai in die Oos-Kaap doodgemaak.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die renosters se karkasse is vroeg Woensdagoggend gevind. Hul horings is verwyder. Volgens Swart is ʼn derde renosterkoei gewond en word sy tans deur ʼn veearts behandel.

Swart het gesê die polisie volg alle moontlik leidrade op, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het verlede maand gesê altesaam 529 renosters is tussen Januarie en Junie vanjaar gestroop. ʼn Totaal van 243 van hierdie renosters is in die Krugerwildtuin gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.