Twee renosters vir horings doodgemaak

Bonnie en Clyde is vir hul horings doodgemaak

Twee renosters is verlede week op ʼn privaat wildreservaat in die Paterson-omgewing in die Oos-Kaap vir hul horings doodgemaak.

Die renosters is deur die loop van Woensdagaand of vroeg Donderdagoggend vir hul horings doodgemaak. Die bul en koei is Woensdagmiddag tydens ʼn wildrit die laaste keer lewend gesien, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Daar is tydens ʼn wildrit Donderdagmiddag op die karkasse van die twee renosters afgekom. Albei horings van albei renosters is verwyder.”

Die privaat wildreservaat waar die voorval plaasgevind het, het gesê die twee renosters, genaamd Bonnie en Clyde, het in 2012 ʼn stropingspoging oorleef.

Die polisie ondersoek die voorval en het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting om kapt. Mornay Viljoen te kontak by 082 319 9216 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Helene ·

Dit moet nou regtig stop! Het ons regtig nie mense om hierdie gespuis te keer nie!

Jean ·

Die mense wat dit moet keer is seker nog dieselfde mense wat dit doen…

Surfer ·

Ons het, maar ons word te goed betaal om n ander pad te kyk.

Danie ·

Al hoe hierdie misdaad gestop gaan word is nie die afsaag en skending van die pragdier se horing is om die horing met n uiterse dodelike gifstof te behandel wat beperk is tot die horing self en nie enige skade vir die dier inhou nie en wat die verwerking van die horing lei tot die dood van die verwerkers,vervaardigers en gebruikers .

Vrystaat2109 ·

Kan iemand vir my verduidelik elke jaar laat jag wildboere verskillende wildsoorte op hul plase volgens getalle om sodoende die getalle te bestuur Vir volhoubaarheid van sy besigheid/ boerdery.
Gee vir renosterboere die reg om die renoster horings te OES en te verkoop dit is beter om ‘n renoster in die natuur te sien sonder ‘n horing eerder as dat renosters uit sterf.

Di ·

Beste oplossings is om alle renosters se horings te verwyder. Sien dit word nou deesdae baie gedoen om renosters te beskerm van hierdie gespuis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.