Twee ‘renosterstropers’ aangekeer

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee vermeende renosterstropers is Sondagaand in Limpopo in hegtenis geneem.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is op die R101 tussen Polokwane (Pietersburg) en Mokopane (Potgietersrus) in hegtenis geneem.

“Inligting is ontvang oor vermeende stropers op pad om renosters in die Mokopane-omgewing te gaan skiet en inligting oor die verdagte voertuig is uitgestuur,” het Otto Maandag gesê.

Die voertuig is deur beamptes van die provinsie se renosterstropery-taakspan opgemerk en van die pad af gedwing.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ʼn jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en ʼn leer.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

stoney ·

Reg so. Sluit toe en gooi sleutel weg. Ons moet terugvat wat aan ons behoort. Seker weer Zim of Moz se mense. Baie bly hieroor!

Bloues ·

Wat het geword van die sindikaat wat so n ruk terug in hegtenis geneem is oor die renoster moord. Daar was n vlienier en as ek reg onthou n prokureur en nog ander betrokke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.