Twee ‘renosterstropers’ in hof

Andries Mathebula toe hy in hegtenis geneem is.

Andries Mathebula toe hy in hegtenis geneem is.

Twee vermeende renosterstropers het Dinsdag, op Internasionale Renosterdag, in die hof verskyn nadat hulle Sondag in Limpopo in hegtenis geneem is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, Andries Mathebula (42) en Shadrack Zitha (37), het in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en sameswering om renosters te stroop.

Shadrack Zitha.

Shadrack Zitha.

Die saak is tot 1 Oktober uitgestel vir hul amptelike borgtogaansoek. Hulle bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het Maandag berig die twee is op die R101 tussen Polokwane (Pietersburg) en Mokopane (Potgietersrus) in hegtenis geneem.

“Inligting is ontvang oor vermeende stropers wat oppad is om renosters in die Mokopane-omgewing te skiet en inligting oor die verdagte voertuig is uitgestuur,” het Otto toe gesê.

Die voertuig is deur beamptes van die provinsie se renosterstropery-taakspan opgemerk en van die pad af gedwing. Die verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ʼn jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en ʼn leer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sanja raubenheimer ·

…..ok maar goed eks nie ‘n bewaarder of renosterstroping taakspan nie = die ouens sou nie die binnekant van die hof of tronksel gesien het nie, net die binnekant van hul doodskiste!!!!!!!!!!!!! gemors!

Michael ·

Ou Andries en Shadrack het ‘n bargain losgeslaan! Hulle gaan nou vir ‘n paar maande lekker verniet 3 warm etes per dag, lekker matras en komberse, wasgoeddienste, sielkundige berading en potensiaalontwikkelingsklasse, prioriteit behandeling by staatshospitale … en en en kry. Mooi gedoen Andries en Shadrack, julle is baie slimmer as wat enige iemand gedink het.

scalla ·

Doen dieselfde met die stropers as wat hul met die renosters wou doen.

Justa ·

Soos op CNN berig is : Suid-Afrika is besig om die oorlog teen renosterstropery te verloor en as die laaste renoster geskiet is sal hierdie stropers maar net aanbeweeg na die volgende kwesbare spesie. Wonder ook net hoekom is daar geen program op SA TV nie, dis tog Internasionale Renosterdag vandag? Hulle moet glad nie eers vir borgtog in aanmerking kom nie.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Daai stropers wat gevang word se gal word gewerk julle weet net nie daar van nie . Daars mense wat hulle jag glo my ,

ANDRÉ ·

Gooi hierdie vuilgoed in die tjoekie, en gooi weg die sleutel. Armsalige drommels!!!

Peet Schabort ·

Sit hulle in ‘n arena met ‘n renoster en verkoop toegangskaartjies waarvan die opbrengs vir renosters gaan.

Riaan ·

Hulle lyk nie baie bekommerd nie.Hulle smile selfs vir die kammara

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.