Twee ‘renosterstropers’ in wildtuin doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende renosterstropers is Donderdag tydens ‘n skietgeveg met wildbewaarders by Krokodilbrug in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê wildbewaarders het Donderdag op drie vermeende renosterstropers in die wildtuin afgekom.

‘n Skietgeveg het uitgebreek en een van die vermeende stropers het gevlug terwyl die ander twee doodgeskiet is. Phaahla sê daar is op ‘n jaggeweer, twee horings en toerusting vir stropery beslag gelê.

In ‘n ander voorval Donderdag is vier mans naby die Malelane-hek deur die polisie in hegtenis geneem. Daar is op ‘n jaggeweer, ammunisie en toerusting vir stropery beslag gelê.

“Daar is ‘n sterk vermoede dat die groep moontlik verantwoordelik was vir ander voorvalle van stropery in die wildtuin insluitend die voorval in Phabeni waar ‘n renoster lewendig onthoring is,” het Phaahla gesê.

Dit was nie onmiddellik duidelik wanneer die mans in die hof gaan verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan Grobler ·

Geluk aan die wildbewaarders! Hou so aan. Skiet die vuilgoed dood. dit is al manier hoe die oorlog gewen kan word.

corneluis hattingh ·

Well done rangers/police.By killing a heartless poacher is the only way to show them that we care for our Rhino’s and it’s to stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.