Twee rowers doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende rowers is deur veiligheidswagte doodgeskiet, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans het glo Vrydag ʼn groente- en vrugtewinkel in Ngqamakhwe beroof toe veiligheidswagte in kennis gestel is. “’n Skietgeveg het uitgebreek en die verdagtes is doodgeskiet,” het Manatha gesê.

Manatha het gesê die polisie het op ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie beslag gelê op die toneel. Twee sake van moord is aanhangig gemaak. Volgens Manatha sal die senior staatsaanklaer moet besluit of die veiligheidswagte aangekla moet word.

Volgens Manatha is die oorledenes nog nie geïdentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

dewald matthysen ·

Knap gedaan. Die manne het ook soos ek n polisiebeampte, n familie on ma huistoe te gaan.

Manna pieters ·

Twee sake van moord is aanhangig gemaak.
Die wetgewing stink. Elke keer as burgers hulleself verdedig word hulle van moord aangekla wat met groot drauma en finansieele kostes gepaard gaan. Dis omdat misdadigers in die land meer regte het as die wetgehoorsame burgers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.