Twee rowers in JHB geskiet

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Twee vermeende huisrowers is Donderdagoggend gewond tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie in Johannesburg.

Volgens ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het ses verdagtes omstreeks 03:00 by ʼn huis in Lenasia ingebreek.

“Die polisie is ontbied. Met die beamptes se aankoms op die toneel, was die verdagtes besig om items, waaronder televisiestelle, elektroniese toestelle en juwele, uit die huis te dra.”

Die verdagtes het die polisie gesien en op hulle losgebrand. “Die polisie het teruggevuur. Een verdagte is in sy regterbobeen getref, en die ander man is in sy bolyf gewond.”

Die gewonde mans is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Drie ander verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. Die ander verdagte kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek.

Die polisie het beslag gelê op ‘n vuurwapen en ʼn onbekende bedrag kontant wat glo tydens die voorval gesteel is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.