Twee rowers tydens JHB-huisbraak doodgeskiet

ʼn Foto van een van die mans wat in die slagoffer se huis doodgeskiet is. Die foto is digitaal gemanipuleer vir publikasiedoeleindes. Die oorspronklike foto kan hier  besigtig word. Waarskuwing: Die oorspronklike foto kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn Foto van die twee mans wat in die slagoffer se huis doodgeskiet is. Die foto is digitaal gemanipuleer vir publikasiedoeleindes. Die oorspronklike foto kan hier besigtig word. Waarskuwing: Die oorspronklike foto kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn Man van Bedfordview in Johannesburg het Dinsdagaand twee van vyf gewapende rowers tydens ʼn huisbraak in sy huis doodgeskiet.

Sers. Mduduzi Nhlabathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die 62-jarige huiseienaar het omstreeks 22:30 nog saam met sy vrou televisie gekyk toe die mans hulle oorval het.

“Die verdagtes het vermoedelik oor die muur geklouter en deur ʼn skuifdeur toegang tot die huis verkry,” het Nhlabathi gesê.

Die mans was met messe en klippe gewapen. Die huiseienaar het opgespring en weggehardloop in ʼn poging om hulp te ontbied. Drie mans het hom agternagesit, terwyl twee rowers by die vrou agtergebly en haar horlosie en ring by haar afgeneem het.

Die drie verdagtes het die man in die gang gekonfronteer. Hy kon daarin slaag om twee af te weer en sy vuurwapen in die hande te kry.

“Hy het twee van die mans noodlottig gewond, waarna die ander drie gevlug het,” het Nhlabathi gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak. Die polisie doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die polisie soek nog na die drie mans wat gevlug het.

Nhlabathi het gesê daar word nie tans ʼn saak teen die huiseienaar ondersoek nie. “Die Nasionale Vervolgingsgesag sal bepaal of die huiseienaar van enigiets aangekla gaan word,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Louis le Roux ·

My insiens moet GEEN klag teen die huiseienaar ondersoek word nie. Feite:
5 teen 2 waarvan 1 ‘n vrou is
geweld gebruik om in huis te kom
gewelddadige aan val op man en vrou.
wat het hulle daar gesoek? Sekerlik nie ingenooi nie.
Nou die vraag: hoe moes die man homself, sy vrou en eiendom beskerm?

Bossie ·

Bygevoeg hulle was met messe en klippe bewapen. Die eienaar kon nie anders as dink dat hy en sy vrou se lewens in onmiddelike gevaar was nie.

Janie Nel ·

Mooi so mnr die Huiseienaar! Jammer van die 3 wat weggekom het. Hierdie was die beste nuus in ‘n lang tyd. Bly paraat. Sterkte

alet ·

Dit wil gedoen word wat se dit vir ons ander sorg dat jou vuurwapen altyd beskikbaar is skiet om dood te skiet. Hulle kan doen wat hulle wil ons kan dit ook doen BRAVO

Philippus Badenhorst ·

Hoogtyd…Skiet om dood te skiet. Dis jy of hulle…!!!

archmule ·

As sekere mense net strafbare manslag kan kry na hy deer n toe duur geskiet het sonder dat sy lewe ingevaar was of selfs dat daar geen geweld teen hom getoon is nie kan die huis eienaar wat terug baklei het na hy en sy vrou aangerand is seker net n waarakuwing kry.

Dave ·

‘deer ‘n toe duur geskiet het’… is jý nugter? En dan wil jy nog boonop hê dat hulle ‘n ‘waarskuwing moet kry’? Watse waarskuwing? ……. Dit is logies dat daar geen vervolging sal wees. Ook is dit logies dat daar ‘n ondersoek gedoen moet word. Al ìs Suid Afrika nou deel van die res van donker Afrika word dinge darem somtyds nog (al is dit by by uitsondering) reg gedoen.

Karooboer ·

En HIER is Tom ń graad 1 of watse ookal onderwyser, jy al van ń tuk, skuus tik fout gehoor IDIOOT

Karooboer ·

En HIER is Tom ń graad 1 of watse ookal onderwyser, jy al van ń tuk, skuus tik fout gehoor IDIOOT

R Wright ·

Objection jou onnirs ! Die man het n sin vi heumir . Archmule , ek vang jou grap (I catch your drift my good man ) Moes hy dan nou (grap) voor of na sy stelling sit ?

Leeutjie ·

Ek lag so lekker vir almal se kommentaar. Ons boerenasie het nou maar net een manier om mekaar se humor te verstaan en mekaar uit te haal.

Dit het begin by Archmule se spelling. (Maak maar doodseker om reg te spel Archmule jy het omtrent 4 minute tyd gehad om dit te doen, en onthou ons ouer mense raak maklik aandagafleibaar as ons ‘n tikfout sien). Ons let nog op spelling en verstaanbare kommentaar, maar stel ons terselfdertyd bloot aan kritiek, wat ander se aandag weer aflei, sodat ons soos ons broeder heelonder heeltemal van die onderwerp afdwaal. Die bekommernis oor die matte het my laat skater. Ons is almal maar eintlik uniek!

Andre ·

Die lafaards kom nou in groepe van 3 of meer om misdaad te pleeg. Bravo ~ ons “bejaardes” kan en sal ons self verdedig !

cathy ·

Wow,, ek hoop hulle hang n medalje om die huis eienaar se nek,, dus tyd, dat hulle die boodskap kry,,, hulle k@k is geboek,,

Shannon ·

Was die huis eienaar blank ? Ongeag die feit dat dit sy huis is, dat die kandidaat moordenaars gewapen was, en dat hulle onregmatig in sy erf was, die Die Nasionale Vervolgingsgesag sal wel ondersoek instel.

snel ·

Ja-nee, Karooboer, ek stem saam met jou, ek verpes mense wat nie besef dat ons almal anders geskape is en n ander IK het nie, wat vinnig is om ander se spelfoute of sinskonstruksies uit te lig, maar self baie foute het nie. Pleks los hulle kommentaar ipv om mense oor die vingers te tik en hulle sleg te laat voel omdat hulle hul sê wou sê en n foutjie gemaak het.

Ek haal my hoed af vir die huiseienaar, dis dapper van hom gewees. Bly hulle is veilig.

boer ·

Mooi so my oom. As jy nie geskiet het nie,was julle albei sekerlik eers gemartel, jou vrou verkrag, en dan dood geslaan met klippe, deur hierdie barbare.

Ons het lank genoeg stil gesit,.Staan aan op, en staan saam as n volk

Wat!? ·

Kyk, as hierdie omie vervolg gaan word, gaan die herrie behoorlik los wees!!

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan “bepaal” of hy vervolg moet word!? Sê my, sou dit gehelp het as die omie op stompies geloop het?

charmaine ·

Ons moet paraat wees. Ek is baie bly dit is nie nog 2 ouemense wat op n lys gaan wees nie.
Die goed is lafaards hulle kom met klippe en so slaan hulle die mense dood.

Maar hulle moet versigtig wees soms kom hulle terug. Baie sterkte

Hannes ·

Ag asseblief tog, ‘n man van 62 jaar is alle behalwe ‘n omie of ‘n bejaarde. Hierdie aksie is ‘n bewys daarvan. ‘n Dapper man in die fleur van sy lewe.
Hoekom die vuilgoed so uitblok Maroela. Wys sy gevreet, dit maak die wraak soeter.

Wat!? ·

Jitte, maar jy’s fyngevoelig. :-)
My kommentaar was positief, jammer dat sommige mense altyd alles as negatief ervaar.

Dave ·

Hannes, ek lag saam met jou vir die kleuters! (sprekende van IK en niè ouderdom, let wel!)

amore ·

Dit is nou ‘n jammerte. Daar is bloed op die persiese mat en sal moet vervang word….

Elizabeth ·

“Die oorspronlike foto kan sensitiewe kykers en kinders ontstel..” Jammer ons het so gehard geword dat die foto ons eintlik met blydskap vervul – jammer om dit te sê! Die foto van die ou dame se gesig van Bloemfontein wat so aangerand is deur ‘n rower terwyl sy in haar tuin besig was is BAIE meer grafies en skokkend as hierdie.Ek skaam my dat dit my kommnetaar is vandag maar dis ‘n feit – so Maroela los maar my kommentaar, boontoe is soortgelykes!

Dave ·

Elize, as daar ruimte was vir ‘n duimop, het jy (ten minste!) een uit my argiewe gescore!

Peter Says ·

Practice makes perfect…Oefen…oefen. Mooi so meneer, jy stel n goeie voorbeeld.

R Wright ·

Elizabeth ! Psa 137:9 ” Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots! ” en daar’s nie prentjies by nie . Dit sal nog gebeur met die vyande van God en Sy kinders . Wat is die bruilofs maal van Die Lam ? Ja Amore , ek het ook n liefde vir tapyte en jy kry nie maklik bloed vlekke uit nie ,maar red jy nou jou tapyt dan “steur jy die misdaad toneel”

Theresa ·

Uitstekend mnr die huiseienaar. Hulle voel niks vir jou en jou mense nie en sou geen genade betoon het nie. Klippe, my magtig, dis nou weer ‘n nuwe een daai. Hoekom moet jy genade betoon? Goed gedoen. Meer sulke optrede moet geskied. Almal moet hieruit leer. Skiet om dood te skiet. Die verdomde gemors dink mos hulle kan net kom en moor en jou eiendom vat.

angelique ·

ons almal moet saamstaan teen geweld. die boewe dink ons is te lam om enigiets te doen ons moet hulle wys!!!!!!!!!!

Stefan ·

Dis vir my so tragies dat mense mekaar so maklik kan sleg sê. Ek skaam my tot diep in my binneste. Hoekom is jy so kwaad vir jou broeder? In plaas daarvan dat ons ou volkie mekaar ondersteun, sal ons eerder soos ‘n klomp bang hondjies in ‘n hoeke sit en byt na mekaar.Sies!!!

Louis Schlebusch ·

Ek kry die arme mans so jammer. Ook die eienaars. Ook almal se families. Ek bid alreeds vir al die volke in die land. Ek sal bid vir al hulle probleme. Ek kan net saam staan met enige volk wat in gebed saamstaan maar ek sal bly bid vir die wat nie in geloof wil saamstaan nie. Vrede vir almal wat bemoeid en belas is. Louis.

J Blom ·

Jy is n held. Moet net nie dat die ondersoek/regsproses jou intimideer nie. Sterkte.

Mev. Ver-van beskawing-en -hulp ·

Al die lyste met name en al die wit kruise, dit is bewys wanneer mense hulself nie vry skiet van die vreemdes nie. Hierdie tipe barbaarse optrede verg dat die polisie en of enige hulp te laat opdaag want van diesulkes neem soms 3 sekondes en skiet jou op sig. Die vervolgens gesag in die land het nog nie wette in die verband verander om met hierdie bedreiging, die bedreigdes te verseker aan wie se kant, die wet is nie. Verander asb. die wet, en laat dit lui:— Mnr./Me. as jy jou vry moes skiet —- DAN IS JY VRY VOLGENS WET. Dankie ek soek SEKONDANTE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.