Twee ‘rowers’ tydens rooftog by huis doodgeskiet

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee vermeende rowers is Donderdagaand doodgeskiet toe hulle ʼn vuurwapeninstrukteur en sy vriend by ʼn huis aan die Oos-Rand probeer beroof het.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die voorval het omstreeks 21:00 by ʼn huis in Van Riebeeckpark in Kemptonpark plaasgevind. Die eienaar van die huis, wat ʼn vuurwapeninstrukteur is, het saam met sy vriend buite die huis gesit toe hulle deur twee gewapende mans genader is.

“Die verdagtes het hul vuurwapens op die mans gerig en hulle beveel om in die huis in te gaan. Terwyl hulle na binne gestap het, het die huiseienaar sy vuurwapen gegryp en ʼn skietgeveg het tussen hom en die verdagtes ontstaan. Albei verdagtes is doodgeskiet,” het die polisie gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar met hul aankoms was die verdagtes reeds dood. Een verdagte het buite in die tuin gelê, terwyl die tweede binne die huis gelê het, het Meiring gesê.

Volgens die polisie is twee vuurwapens in die verdagtes se besit gevind. ʼn Silwer Suzuki-voertuig wat aan die verdagtes behoort, is ook naby die huis gevind. Die voertuig is nie as gesteel aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

E ·

En daar moet nou klem gelê word op die suzuki wat nie gesteel is nie.

fritz breitenbach ·

Hallo E Wat word van die suzuki of is hy al klaar gesteel

andre ·

Dit is mos nou die nuus van die dag, kry vir julle dit is wat hulle verdien .ek sal dieselfde doen as dit met my gebeur , ek lewe met my vuurwapen , as ek toilet toe gaan gaan hy saam .

humor ·

Hulle het beslis niks van hierdie man se beroep geweet nie. n Foutjie began. Jy moet nie net n vuurwapen besit nie, jy moet dit ook kan hanteer. SKIETOEFENINGE!!!!!!!!!

alida ·

Goeie werk !!! Nou sal daar seker ‘n saak van moord teen hulle oopgemaak word. Hallo SA

john samuel ·

Die oopmaak van n Polisie ‘docket’ is standaard, en is nie iets wat gevrees moet word nie.. Behalwe as jy iets het om weg te steek! Na n Noodweer (self defence) skietvoorval gaan die docket na die kantoor van die “Public Prosecutor” en hulle kyk na die FEITE, en besluit dan of die saak vervolg moet word; al dan nie. Pasop vir onkundige kommentare wat tot niks bydrae nie…

Gert ·

Nou hoe kan hulle verdagtes wees as een in die huis en die ander een op die perseel gekry is? Hulle is mos dan skuldig of word dit net polities korrek gestel. Job well done aan die huis eienaar.

Sampie ·

Hierdie “verdagte rowers” het die verkeerde huis gekies. En ek stem met Andre saam: Wees gereed – met ‘n skietyster. Ek is nog opgelei deur die ou SA Weermag. Kan nie wag vir die aanval op my huis nie…

Varkie ·

Haha oops, hulle die verkeerde mense probeer roof, instrukteur nogal.. Nou net jammer die hof gaan dit so swaai dat hulle nie in gevaar was nie en moes waarskuwing skote eers skiet ens..

john samuel ·

En waarop basseer jy daardie aanname? Weet jy hoeveel gevalle van Noodweer (self defence) sake word weekliks in SA ondersoek en word nie op die hofrol geplaas vir vervolging (nie)? Die verweerders kry selfs hulle vuurwapens terug van die Polisie af (wel maande later, maar steeds).. Pasop vir oningeligde kommentare wat tot niks bydae nie…

Danie ·

Waarskuwingskote in onwettig en roekeloos – mag geensins as afweermiddel gebruik word nie. Die persoon gaan wel ondersoek word, maar soos reeds genoem is dit deel van die proses en nodig om waarhede te bevestig.

Paul ·

Danie,
Die koste van ammunisie maak die skiet van waarskuwingskote boonop onekonomies.

Japie ·

Daar is nou ‘n instrukteur met die nodige “credentials”. Jammer julle kan nie plaas waar by klasgee nie.

Sarie ·

Ek moes gelag het toe ek die opskrif sien “rowers”. Hoekom “rowers” in aanhalingstekens” Het hulle gekom vir ‘n wapen hanterings les by die vuur wapen instrukteur? Twak man, hulle was nie daar vir ‘n les of koffie nie – hulle het geweet wie en wat hy is. Hulle was dood gewone kriminele ROWERS gewees – geen aanhalingstekens nie !!! Dalk nog moordenaars ook – want as jy roof met ‘n geweer – dan doen jy dit om te moor vir in geval jy bedreig word.

Bets Bothma ·

Ek wonder ook hoekom die aanhalingstekens? Was hul genooide gaste wat met vuurwapens kom kuier het?

Tersia ·

Mooi man hulle sal dit nooit ooit weer doen nie. Kapoet finish klaar.

Karma ·

Ha-ha-ha!!!! Lekker man!!! Hulle het vir seker die verkeerde teiken gekies – nogal ‘n vuurwapeninstrukteur … Kry vir julle, julle blienking vuil, stelende, siekte-deurdrenkte skuim-van-die-aarde! Nie gedink dié boer gaan hom en sy vriend goed en deeglik verdedig nie, nè? Is mos gewoond daaraan dat die mense hande in die lug staan sodat julle kan roof, inbreek en steel en die mense dan op die wreedste manier moontlik vermoor! Aan almal wat wonder oor die term van ‘rowers’ – kyk in enige beriggewing moet daar polities- en mense-regte korrek gepraat word. Hulle is ‘vermeende rowers’ omdat hulle nog nie in ‘n hof was en gepleit het nie; sien, dis mos hoe die reg is SA werk – die oortreder het meer regte as Jan Alleman daar buite.

Tiger ·

Die sogenaamde “rowers” het gekry waarna hulle gesoek het.Hulle het eerste die mans aangehou met vuurwapens wat die polisie agterna BY HULLE LYKE GEKRY HET so die wapeninstrukteur het HEELTEMAL binne sy reg as SA burger opgetree.Mooi so!Ek en my man sal dieselfde doen in so situasie.Ons gaan gewapende mans wat ons aanhou BESLIS nie ‘n koppie koffie aanbied nie!Ons loop 24/7 gewapen.

JJ ·

Ek voel ook beter – die skurke het gekry presies wat hulle verdien!!!!!

Jan maak n Plan ·

Ek dink dit is vreeslik goed dat die sogenaamde “verdagtes” gekry het wat hulle toekom. Wat my wel bitter ongemaklik maak, is die feit dat die man nou sy vuurwapens tydelik verloor, sodat die SAPD nou eers een of ander toets kan doen. Die probleem is dat hoe gaan daai man sy huis en gesin nou moet besperm – met n spies en knop kierrie???? Ons weet almal hoe effektief en vinnig die SAPD is as dit by werk kom.

Paul ·

My pistool het vir 8 jaar by die forensiese afdeling gele vir hul toetswerk voor my pistool onskuldig bevind en ontslaan was.

Luister ·

Ja-nee, hulle het met die verkeerde ou gesukkel. Gee hom ‘n Bell’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.