Twee rowers tydens rooftog geskiet

Argieffoto: ER24

Twee mans is laat Woensdagaand in ʼn Pietermaritzburg-hospitaal opgeneem nadat hulle in ʼn skietvoorval gewond is.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo in Kerkstraat in dié stad plaasgevind.

Volgens Vermaak was die polisie reeds op die toneel toe die nooddienste daar aangekom het.

Die twee gewonde mans is glo die verdagtes wat ʼn winkel in die area wou beroof het. Hulle is vermoedelik deur die eienaar geskiet.

Vermaak sê die polisie het egter in dié stadium nie meer inligting oor die voorval nie.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.