Twee rowers vas ná skietery met polisie

rowersTwee mans is Dinsdag in die vroeë oggendure in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle in ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie betrokke was.

“Die verdagtes het omstreeks 02:00 ʼn besigheid in Zola, Soweto, beroof. Die polisie is na die perseel ontbied, en die verdagtes is op die toneel betrap. ʼn Oor-en-weer-skietery het daarna uitgebreek,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Niemand is in die skietery beseer nie, en die verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem. Die polisie het op die gesteelde goedere beslag gelê.

Die twee mans, onderskeidelik 28 en 30 jaar oud, moet binnekort in die Protea-landdroshof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.