Twee SA mans dood gevind in VSA-hotel

La Quinta Inn in Springfield. Foto: www.exepedia.com

La Quinta Inn in Springfield. Foto: www.expedia.com

Die liggame van twee Suid-Afrikaanse mans is in verskillende kamers gevind in ‘n hotel in Springfield in die Amerikaanse deelstaat Missouri.

Die Springfield-polisie het in ʼn verklaring gesê die liggame van Gerrit Strydom (45) en James Bethel (44) is Saterdag by die La Quinta Inn gevind. Volgens die verklaring het hotelpersoneel die mans se liggame gevind.

Kapt. David Millsap, woordvoerder van die Springfield-polisie, het gesê die voorlopige uitslae van die nadoodse ondersoeke wys geen tekens van vuilspel nie. “Die oorsaak van hul dood word steeds ondersoek, wat toksikologieverslae en bykomende mediese ondersoeke behels.” Volgens Millsap is die mans se naasbestaandes opgespoor en van hul afsterwe in kennis gestel.

KY3 berig dat die mans met motorfietse op Amerika se bekende Route 66 gereis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sollie ·

Irene – HUH??? Die keer is die DA beslis nie betrokke nie lol!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.