Twee sakemanne dood ná rowers losbrand

Brett Pope. Foto: Facebook.

Die twee mans wat Woensdag tydens ʼn gewapende rooftog in Oos-Londen doodgeskiet is, is geïdentifiseer.

Ao. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het die slagoffers as Brett Pope en Kobus Fourie geïdentifiseer.

Pope was die eienaar van Sanans Supermark in Cambridge in Oos-Londen.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 08:00 op die hoek van Mdantsane- en Robbie de Langeweg plaasgevind.

Volgens Mqala het twee gewapende aanvallers agter op ʼn afleweringsvoertuig gespring toe die voertuig by ʼn verkeerslig stilgehou het.

Hulle het die insittendes gedreig en op kontant aangedring. Hulle het hierna skote deur die voertuig se venster afgevuur.

Pope is glo in die kop en bolyf getref. Volgens Mqala was daar ʼn passasier saam met Pope in die voertuig wat skraapwonde opgedoen het as gevolg van die feit dat die aanvallers deur die venster op hulle geskiet het.

“Pope het ʼn ent verder gery tot waar hy nie verder kon nie en beheer oor die voertuig verloor. Gemeenskapslede het vinnig gereageer en die blitspatrollie in kennis gestel. Hulle het ʼn ambulans ontbied, maar Pope is op die toneel dood verklaar.”

Die aanvallers het glo ná die voertuig tot stilstand gekom het kontant gesteel en van die toneel gevlug.

Mqala het gesê Fourie is sowat 500 m weg van die vragmotor binne-in sy bakkie doodgeskiet. Volgens Mqala het hy ook beheer oor sy voertuig verloor en teen ʼn ander voertuig gebots.

“Die polisie weet nog nie presies wat daar gebeur het nie; ons ondersoek of die verdagtes net eenvoudig losgebrand het en hy [Fourie] getref is en of hy dalk probeer help het en toe geskiet is,” het Mqala gesê.

Fourie was glo die bestuurder van Prism Products. Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

LL ·

Moor maar, moet net nie die K woord gebruik nie. Mos maar net nog witmense wat vermoor is. CR is seker trots.

Selfbeskikking nou ·

Die ANC tert ons uit en probeer ons vernietig en daarom het ons volle reg om vir selfbeskikking te vra, nie vir die ANC nie maar vir die regering, internasionale gemeenskap en regsgeleerdes. Dis ons reg en ons moet dit nou doen voor dit te laat is.

Agnee ·

Die polisie mag dalk nie weet wat daar gebeur het nie maar ONS weet . inside job. Hoe het hulle geweet daar is geld op die afleweringsvoertuig en VREEMd dat die passasier niks oorgekom het nie . hel iemand moet dink ons is BAIE ONNOSEL. My innige simpatie aan die oorledenes se families.

Nettie ·

@Selfbeskikking nou – die ANC is die regering en die REGERING IS DIE ANC. Selfbeskikking sal nie nou, of ooit werk – of in die minste eers deur die regering/ANC oorweeg word nie, want dan bedinges hulle hul hoof-staatsinkomste: die blanke belastingbetalende.

Tik tok tik tok ·

EK is naar Ek is nie meer bestand teen die geweld nie EK dink aan selfmoord sodat my kinder kan erf en uit die land kan padgee Ek glo God sal my vergewe as ek op daai punt kom Ek weet almal gaan nou sê ek moet bid en ja ek bid en elke dag is my kinders kleinkinder en skoon kinders veilig maar tot wanneer Ek hys nou die wit vlag Want die Here alleen weet hkm die duiwel so los is in die land RIV Menere ?

Landi Slatter ·

Dagsê Tik tok Tik tok

Dankie vir jou kommentaar. Indien jy angstig of depressief voel en graag met iemand wil gesels, is jy welkom om SADAG (die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep) te kontak. Hulle het opgeleide beraders wat jou deurgaans kan bystaan. Kontak hulle hier: 011 234 4837 of 0800 20 50 26 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Baie sterkte!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

s ·

Tik tok selfmoord gaan jou en jou kinders in die sak bring nie want geen p[olis pf iets dergliks betaal uit op self moord nie. Jy gaan net jouself en jou kinders benadeel en die staat kry al die fondese. So kry daardie gedagte uit jou kop en gaan sie die mense wat Landi aan jou voorgestel het en BID tot ONS HEMELSE VADER sodat HY jou kan bystaan in jou tyd van NOOD.

Tik tok tik tok ·

DANKIE MM en s vir hulp en raad Dit was net n gedagte wat meer as gereeld by my opkom Ek nog nie 100% daar nie Maar ek word in nag wakker en wonder wat as ek in moordenaar se gesig moet kyk en moet weet dit is nou tyd Dan slaan gedagtes oor na wat as dit 1 van my kinders kleinkind of skoonkind moet wees Dit is maar net angs waarvoor ek al 12 jaar behadeling kry So dankie vir hulp aanbied xxx

Tik tik tik tok ·

S
Ek klaar seker gemaak polis e betaal uit Ek is al lank in die land So kan jou belowe hul doen Ek werk by ‘n plek wat nog goed vir sy mense sorg Maar daai wat ek aan dink is net ‘n gedagte en ek het goed voorsiening gemaak ek belowe jou En my testament sal uitstippel slegs as jy oorsee gaan mag jy erf en ek sal verduideliking ook vir elkeen los maar die gedagte raak meer gereeld Maar dankie dat Mm ook hulp aanbied Dalk kom ek daar wat ek nie hulp nodig het nie xxx

Johannes ·

TYD OM ONS EIE VOLKSTAAT TE EIS!

TYD OM DIE BOERE REPUBLIEKE TERUG TE VAT!

Cherokee ·

Asseblief Johannes, soos Alida sê, ons ondersteun jou. Van wie af en hoe jy die eis gaan instel en op grond van wat, het jy seker reeds beplan. Eis dit sommer in HOOFLETTERS van hulle.

DVL ·

Lyk of Oos – London baie deurloop die afgelope ruk. Simpatie aan die famielies. Ek sal seker gestenig word en gese word ek is ‘n bloeiende hart maar dis nie net wittes wat geteiken word nie. Ek het agv my werk baie in townships in gewees waar ek met baie van die mense al gepraat het wat my gruwel stories vertel van wat in townships gebeur maar dit word nie op hoofstroom media of sosiale media gesit nie. Ek praat geen moord of misdaad goed nie en almal word daardeur geraak.

Cherokee ·

DVL, ek lei af jy praat van families wat met mielies boer. Dit is juis die boere, nie slegs mielieboere maar alle boere wat in groot risiko leef. Dis is ook soos jy sê dat nie net hulle maar ook die aanvallers se eie ras geteiken word. Mag dinge beter gaan.

Johann M van Heerden ·

Ja en WIE pleeg hierdie en meeste ander moorde in die arme land van ons. Land sonder fisiese en morele grense. Wat gaan grootprater CR hieromtrent doen? Ons rooi pers hou mos baie van hom.

Jaap ·

CR en ANC en watter party okal gee nil om.
Net hulle eie agter sakke vol te stop met meer geld.
Hulle almal korrup

Bekommerde ·

My hart is so seer on van nog moorde te hoor.
NIEMAND WEN NIE. Nou gaan daar nog mense werkloos wees agv base wat nie meer lewe nie & dus gaan daar kinders honger lei.

“O, Vader wees ons genadig & werk in die harte van die wat die bose dade beplan. Ons vra dit in U Naam . Amen”

Kotie ·

Nevermind die mense wat nou gaan werkloos wees, hulle kinders gaan nou pa-loos wees en hul vroue weduwees. Hul ouers het hul seuns verloor en hul broers en susters hulle broers. Wat ‘n tragedie!

Mielie ·

Wetteloosheid is die orde van die dag. misdaad hou onskuldige burgers gevangene. Protesoptogte wat geweldadig raak….

Ella ·

@Tik tok tik tok
Moet asb niks nie n einde maak aan jou lewe. Jou kinders en kleinkinders het hou nog nodig . Ek het ook al soos jy gedink maar dan moet ons mense nog trauma en hartseer verwerk.
Kyk vorentoe en eintlik OP. Ons moet net vertrou.
My hart gaan uit na,die families van die twee mans. In die fleur van hul lewens aan die hand van moordenaars.
Hoe slaap hierdie uitvaagsels maar hoe weet ons hulle word nie beloon vir hul “hardewerk” of “prestasie”….
Die Here slaap nie, weet net dit…

Herbert Antoine ·

Aan hierdie twee manne – RIV, aan hulle families baie sterkte!

Wat is die oplossing?

Neem die energie opgesluit in u woede, frustrasie en neerslagtigheid en gaan oor tot aksie!!

Aksie??? Ja aksie!!

Plaas u strategie t.o.v. selfbeveiliging, sosiale versorging, taal en kultuur, godsdiens, selfbemagtiging in plek.

Mobiliseer u gemeenskap en hulpbronne om u strategie tot uitvoering te bring.

Die bedreiging oorskry die onderlinge verskille “Eendrag maak mag”

Vergeet van mense, nasies en regerings wat nie u waardes deel nie. Godgerigte mense kan nie met Sy vyande enige verbond of onderhandelings voer nie. ” Do not treat a gangster like a gentleman! ” Vra vir Piet Retief.

Ten slotte “Fear no one, but God!

Wel ter ruste. Goeie nag.

Elke dag!!! Hierdie is mos ‘n moordadige Rampokker Land!!! ·

Rus in vrede en baie sterkte vir die wat agterbly. Julle is ontydig ontneem van julle lewe deur koelbloedige moordenaars! Liewe Hemel maar Suid-Afrika is ‘n moordadige Rampokker land!

BL ·

Misdaad word net erger en die polisie kan nie byhou nie. Raak betrokke by organisasies en begin weerbaar raak teen misdaad. Besoek gerus boerelegioen.co.za. As jy nie saam ons stem nie sluit tenminste aan by iemand. Die tyd raak min. Alle simpatie aan die familie dit is so onnodig.

Se Maar Net ·

Ek sal baie graag wil weet waar al die vuurwapens vandaan kom waarmee mense landswyd doodgeskiet word

Johann Nel ·

Ditis die storie van misdaad in Suid Afrika:” Nog niemand is verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Tik tik tik tok ·

S
Ek klaar seker gemaak polis e betaal uit Ek is al lank in die land So kan jou belowe hul doen Ek werk by ‘n plek wat nog goed vir sy mense sorg Maar daai wat ek aan dink is net ‘n gedagte en ek het goed voorsiening gemaak ek belowe jou En my testament sal uitstippel slegs as jy oorsee gaan mag jy erf en ek sal verduideliking ook vir elkeen los maar die gedagte raak meer gereeld Maar dankie dat Mm ook hulp aanbied Dalk kom ek daar wat ek nie hulp nodig het nie xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.