Twee SAL-lede glo met dwelms betrap in Hongkong

Argieffoto

Twee lede van SAL se kajuitbemanning is verlede week deur doeanebeamptes in Hongkong in hegtenis geneem weens beweerde dwelmhandel.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het die voorval Donderdag bevestig en gesê die twee vlugbeamptes is op 23 en 24 September onderskeidelik in hegtenis geneem vir ondervraging. Die twee was op twee afsonderlike vlugte wat op 22 en 24 September geland het.

“Omdat die voorval deel is van ʼn deurlopende strafregtelike ondersoek en tans voor die hof dien, sal ons geen uitgebreide kommentaar lewer totdat die saak gefinaliseer is nie,” sê Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL.

Hy sê die SAL het die naasbestaandes van die betrokke werknemers, asook die Suid-Afrikaanse konsulaat-generaal in Hongkong in kennis gestel van die saak. “Ons is ook in die proses om regsverteenwoordiging vir die twee werknemers te bekom.”

Volgens Tlali sal die lugdiens se optrede teen die werknemers afhang van SAL se interne beleid en ook die uitkoms van die hofsake teen hulle. “Die lugdiens bly onverdraagsaam teenoor enige strafregtelike aktiwiteite deur sy werknemers,” sê Tlali.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Emma ·

As jy dom genoeg is om dwelms na die Ooste te smokkel waar jy weet hoe streng hulle is en hoe swaar die straf is, moet jy maar die gevolge dra.

Sean ·

So SAL betaal die dwelmhandelaars se regsonkoste Nice baie nice Seker familie

Matt ·

Hulle word in besit van dwelms betrap….. en die werkgewer, volgens Tlali, is in die proses om regsverteenwoordiging vir hulle te reël….. dit terwyl hulle die wet en die werkgewer se gedragskode oortree. Wonder of die werkgewer (SAL) ook die regsverteenwoordigers gaan betaal…. met ons belastingbetalers se geld natuurlik.

Hitler ·

Stem, hulle kan hul eie regsverteenwoordiging kry, as dit ooit gaan help. Die het NIKS met SAL te doen nie.
Kry die die oorsprong daarvan & roei hulle uit!

Koot ·

Jou oosterse lande speel nie met drug dealers nie , baie van daai plekke gee dood straf vir sulke oor tredings .

Jacob ·

Die twee is ou oortreders. Hulle het mak geword dit is hoekom daar soveel dwelms ter sprake is. Hang hulle

Nettie ·

Sjoe, Jacob, is jy ‘n voyeur? ‘n Heldersiende persoon? Want nêrens sien ek in die berig dat daar die hoeveelheid dwelms waarmee die twee betrap is, genoem word nie …

Hanlie ·

Wat het hulle gedink? Dat hulle “untouchable” is soos in Suid-Afrika? Ai, dat jy naam so met ‘n plank kan slaan. Laat hulle sit.

JR ·

In jou wildste drome Grens die SAL weet hoe om skuld te maak maar weet hoe om daar uit te kom nie

Alida X ·

Kan ongelukkig nie meer deesdae so seker wees daarvan nie.
Almal raffel uit.
Skokkend wat jou mense soms doen.
Jou velkleur bepaal nie jou handelinge nie. Wel wat in jou kop aangaan.

Niklaas ·

Dis nou nie slim om na sulke lande koerier werk te doen nie. Daai lande se strawwe is soms yslik. Laat ons hoop dat daar ‘n voorbeeld gemaak word van hierdie twee, want ek is oortuig dis nie die eerste keer nie.

Daan ·

Julle oumense kan darem lekker gesels.Julle rekenaars staan seker op die stoep.Geniet die koffie…

Neels ·

Jho ou Daan jy praa sket van ondervinding le seker met I phone in die bed . Dit is my dinges se deksel jy het n goeie betalende werk maar jy moet nog oneerlik wees . Ou gewoonte van die smokkelaars toe is die ooste een te slim vir hulle. Laat hulle maar krepeer daar . As jy nie ore het nie moet jy voel.

Rohan ·

Ek wens die Oosterse lande kan so streng optree teen die renoster horings wat hulle so ywerig is om te kry. Asook al die bedreigde spesies se velle, bene, skubbe ens. wat hulle vir hulle “medisyne” gebruik.

Gert van Wierdapark ·

Moenie verbaas wees as hul die verskoning aanbied dat hul graag n bydrae wou maak om die bank-rot lugdiens se geldsake n inspuiting te gee nie! He-he-he!

ap ·

presies hou jul neuse uit ander lande se sake uit , hulle sal dit uitsorteer. bepaal julle by jul werk en begin geld maak , dis die rede hoekom julle “werk”

ap ·

tlali t;ali gaan regshulp bekom , met watse geld , hulle kan nie eers salarisse betaal nie

Judge Dredd ·

Mens kry die mile high club en dan kry mens die high mile club…….

Tino ·

Eks nou nie seker watter lande en of dit al die lande in die ooste is nie maar lewens lank of doodstraf is op die kaarte?

Realis Thailand ·

Thailand Indonesia,Cambodia Malasia is hulle redelik streng op dwelms
Maklik van doodstraf tot so 99 jaar . Ek woon hier en sien die gesigte van die handelaars na hulle gevonnis is en gewoonlik lyk dit nie of hulle glimlag van geluk nie.
In Thailand skiet hulle niemeer die mense maar gee n inspuiting.
So 4 jaar gelede twee Australiers in Indonesia weer geskiet
Die tronke hier is ook nie vakansie woonstelle nie so ook nie die kos
Woon al ses jaar hier op n plaas in n land met so te se geen misdaad wat my pla nie.

ChrisE ·

Why drink and drive when you can smoke and fly. Die vorige SAL lugdiens personeel was gekeur. Die lot van vandag word ingeweeg.

marous ·

Maak hulle die goed sluk en geen betaling vir prokureurs met belasting geld nie !

Estelle ·

Thailand is een van die lande wat 30 jaar tot lewenslank straf gee vir dwelmsmokkel. Omstandighede in die tronke is haglik en kos en medies minimaal.

Erich ·

Moenie oor hulle bekommer nie – hulle sal binnekort terug wees in die land en net op ander roetes geplaas word. Hoekom sal die SAA teen hulle optree – hulle is voorbeeldige werknemers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.