Twee SA’ners in Thailand vas vir dwelms

Monica Meere en Johannes Ben Botha

Monica Meere en Johannes Ben Botha

Foto’s van die twee beskuldigdes tydens perskonferensies wat in Bangkok gehou is, volg onderaan die berig. Twee Suid-Afrikaners is die afgelope maand by die Bangkok Internasionale Lughawe in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.

Doeanebeamptes het Woensdagoggend glo meer as 2 kg kokaïen ter waarde van R2.6 miljoen in ʼn versteekte kompartement van Johannes Ben Botha (34) se bagasie opgespoor. Botha het van Johannesburg na Bangkok gevlieg. Hy het glo bely dat ʼn man van Nigerië hom gehuur het om die dwelmmiddels aan ʼn landgenoot in Bangkok af te lewer. Hy is ongeveer R20 000 vir sy moeite aangebied en het voor die vlug reeds sowat R5 000 ontvang.

Monica Meere (34), ʼn ma van Vanderbijlpark, is op 3 April ook by dieselfde lughawe in hegtenis geneem nadat sy met kokaïen ter waarde van bykans R8 miljoen betrap is.

Rakop Srisupa, hoof van die doeane, het gesê hulle het ʼn wenk ontvang dat ʼn uitlander beplan om onwettige dwelms deur die lughawe in die land in te smokkel. Meere het glo verdag voorgekom en sy is deursoek. Sy ontken dat sy enige kennis gedra het van die dwelmmiddels. Sy het met Qatar-lugredery van Johannesburg na Thailand gevlieg om klere te koop wat sy weer in Suid-Afrika wou verkoop. Sy voer aan die sjokoladebokse, waarin die dwelmmiddels versteek was, behoort aan ʼn vriend wat haar versoek het om dit aan ʼn mede-Suid-Afrikaner in Thailand te gee.

Meere se twee kinders, onderskeidelik 12 en 14 jaar oud, bly tans saam met haar verloofde. Die dogters se pa, Bertus Venter, het in 2008 selfmoord gepleeg. Haar skoonsuster, Magda Venter, woon in Ermelo en het aan Times Live gesê dit maak nie saak of Meere skuldig of onskuldig is nie, sy sal daar wees vir die kinders.

Venter het aan The Star gesê Meere het vantevore dwelmmiddels gebruik. Meere het talle Christelike inskrywings op haar Facebook-blad.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het Saterdag aan Maroela Media gesê hy kan eers Dinsdag weer met die owerhede in Bangkok in verbinding tree om die lot van die twee Suid-Afrikaners te bepaal.

Bron: Bangkok Post, Chiangrai Times, IOL, The Star

Monica Meere met 'n doek oor haar kop tydens die perskonferensie Foto: Bangkok Post

Monica Meere met ‘n doek oor haar kop tydens die perskonferensie Foto: Bangkok Post

Johannes Ben Botha tydens die perskonferensie Foto: Bangkok Post

Johannes Ben Botha tydens die perskonferensie Foto: Bangkok Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Shannon ·

Ek voel baie jammer vir al twee hierdie mense en hul familie. Logies wou hulle uit hulle huidige omstandighede ontsnap.
Ek’s jammer, maar ek voel dat hierdie twee desperate kalante eintlik maar net die wêreld `n guns wou doen deur drugs te verskaf aan idiote met te veel geld. Nou pas die gereg die idiote weer op namens ons.

Daantjie Maartens ·

No my dear.
Waar le die logika om n eenkamer-krot in Hillbrow vir n sel in Bangkok ( met 20x ander ) te verruil ?
Mamma met die $’r ogies sal na haar afwesigheid van 15+ jaar moet kennis neem dat, juis in die lig hiervan – boetie en sussie waarskynlik haar voorbeeld gevolg het. Circle of no escape.

Dereck Le Roux ·

Wanneer gaan mense leer om nie die “easy way out jobs” wat vinnig groot geld inbring om die vuil werk van die parasiete Nigeriers aanbied net om as hulle gevang word lang tronkstraf kan kry en selfs in sekere lande met jou lewe kan boet vir dwelmhandel en dwelmsmokkel, dink daardie mense nie aan hul families of geliefdes nie? Enige Nigerier is potensiele slegte nuus en moet vermy word, laat hulle hul eie vuil werk doen.

Joanne ·

Daar is goeie redes waarom baie lande dwelmmuile so swaar straf, duisende verslaafdes en hul families leef in ‘n hel wat diesulkes help skep het.

estelle ·

Joanne ek stem 10000% saam jou – HULLE KAN DIE DOODSTRAF KRY VIR AL DIE PYN EN LYDING WAT ‘N FAMILIE VAN ‘N VERSLAAFDE DEURGAAN, hulle verdien dit!!!

onsweetals ·

Daar Is meer In die storie as wat hulle vertel. Ken Monica Meere goed. Al vir jare. Die berigte oor die kinders se pa is nie voluit waar nie

anita ·

Om die maklike wyse om vinnig geld te maak as ‘n uitkomste vir “Sonder werk, dakloos” te volg, is geen redenasie. Almal weet wat met Beetge gebeur het. Ek het geen simpatie vir hierdie persone , hulle is kriminele want help om mense se lewe te verwoes, nie net die gebruiker nie maar die familie van die dwelm gebruiker word geestelik en fisies afgetakel.

mag hulle sterf in die gevangenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.