Twee SA’ners op Time 100-lys

Pres. Cyril Ramaphosa tydens ‘n gesprek met sakeleiers, boere en akademici in Stellenbosch. (Foto: MYANC via Twitter)

Twee Suid-Afrikaners het die Time 100-lys van die invloedrykste mense in 2019 gehaal.

Pres. Cyril Ramaphosa en Caster Semenya is die twee Suid-Afrikaners op die lys.

Ramaphosa word in die leiers-kategorie genoem. Ander bekendes wat in die kategorie genoem word is Amerika se pres. Donald Trump, Nancy Pelosi, speaker van Amerika se huis van verteenwoordigers, Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, die Israelse premier Benjamin Netanyahu, pres. Xi Jinping van China en pous Franciskus.

Semenya word in die ikone-kategorie genoem. Ander bekendes wat in die kategorie genoem word is die sangers Taylor Swift en Lady Gaga en die voormalige Amerikaanse presidentsvrou Michelle Obama.

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

In die pioniers-kategorie word die aktrise Sandra OH en die model Chrissy Teigen genoem. Sy is met die sanger John Legend getroud.

In die kunstenaars-kategorie is daar talle bekendes, insluitend die akteur Dwayne Johnson, die aktrise Regina King, Emilia Clarke van Game of Thrones-faam, die sanger Ariana Grande, die aktrise Glenn Close en die akteur Rami Malek wat onlangs Freddy Mercury gespeel het op die grootskerm.

In die titans-kategorie word die sportsterre Mohamed Salah, Tiger Woods en Lebron James genoem. Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook en die Amerikaanse TV-persoonlikheid Gayle King word ook in die kategorie genoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hanneli Baumann ·

Jip verseker die grootste verleentheid vir hierdie mooi land.

Spike ·

Watse invloedryk. Ek skaam my om te sê hulle is landgenote.

Hanneli Baumann ·

Jip verseker die grootste verleentheid vir hierdie mooi land.

marous ·

Ek sal rerig moet ophou om so vroeg te begin drink ….. dit beinvloed my visie en dan lees ek goed heeltemal verkeerd om .

IK ·

Ek hou hiervan, dit gee my rede om vroeër te begin drink instede van die wag tot die Boeiing oorkom. Dalk is dit ‘n Boeiing 737 MAX wat nie opdaag . . .

fred ·

die komposers het seker ook” quota targets”….lagwekkend….?….n sirkus

Tante ·

Sowaar!!! Ek het gedink Malema sou dit maak om een van die 100 te wees nou kyk hy kom ni naby eens Castar nie hahaheeee

Pieter Grobbelaar ·

Wat van Elon Musk? Hy het ten minste iets bereik, en ek dink hy is nog steeds ‘n Suid Afrikaner?
Hy is besig om eie-handig die hele ruimtevaart bedryf in die VSA oor te neem!

Logika ·

Ek neem aan hy het Amerikaanse burgerskap gekry, en word nie meer as Suid-Afrikaner gereken nie.

Wie? ·

Hierdie is ‘n internasionale lys nê? Van nuusmakers. Verstaan ek reg? Kyk na die ander internasionale benoemdes. Iets van alles uit alle velde. Nuusmakers. Nie noodwendig gekies oor gewildheid nie. Wie sou julle hierbo wou benoem. Mense, moenie so kleinlik wees nie. Albert Einstein het mos gesê negatiewe mense het ‘n probleem vir elke oplossing. ?

Wie? ·

Judge, in hierdie geval sê die opmerking maar net dat negatiewe mense so maklik iets uit verband kan ruk. Ons kan nie alles net aan ons eie gevoelens oor ons land se politiek oordeel nie. Times kyk nie uit ons perspektief nie – so, as jy nie van die benoemings hou nie, hoef dit jou nie so te ontstel nie.

Gaitsigubib ·

Die berig praat van “invloedrykste” mense, ek sien niks van nuusmakers van die jaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.