
Pres. Cyril Ramaphosa tydens ‘n gesprek met sakeleiers, boere en akademici in Stellenbosch. (Foto: MYANC via Twitter)
Twee Suid-Afrikaners het die Time 100-lys van die invloedrykste mense in 2019 gehaal.
Pres. Cyril Ramaphosa en Caster Semenya is die twee Suid-Afrikaners op die lys.
Ramaphosa word in die leiers-kategorie genoem. Ander bekendes wat in die kategorie genoem word is Amerika se pres. Donald Trump, Nancy Pelosi, speaker van Amerika se huis van verteenwoordigers, Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, die Israelse premier Benjamin Netanyahu, pres. Xi Jinping van China en pous Franciskus.
Semenya word in die ikone-kategorie genoem. Ander bekendes wat in die kategorie genoem word is die sangers Taylor Swift en Lady Gaga en die voormalige Amerikaanse presidentsvrou Michelle Obama.
In die pioniers-kategorie word die aktrise Sandra OH en die model Chrissy Teigen genoem. Sy is met die sanger John Legend getroud.
In die kunstenaars-kategorie is daar talle bekendes, insluitend die akteur Dwayne Johnson, die aktrise Regina King, Emilia Clarke van Game of Thrones-faam, die sanger Ariana Grande, die aktrise Glenn Close en die akteur Rami Malek wat onlangs Freddy Mercury gespeel het op die grootskerm.
In die titans-kategorie word die sportsterre Mohamed Salah, Tiger Woods en Lebron James genoem. Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook en die Amerikaanse TV-persoonlikheid Gayle King word ook in die kategorie genoem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Ag asseblief tog!
Wat n verleentheid!
Mens kry goeie invloed, en jy kry slegte invloed.
Is dit Jim Cerrey wat die lys opstel?
Watse invloedryk. Ek skaam my om te sê hulle is landgenote.