Twee SA’ners word uitgelewer

Argieffoto

Argieffoto

Twee Suid-Afrikaners sal van Engeland uitgelewer word om tereg te staan op aanklagte van bedrog ter waarde van R10 miljoen.

“Gregory Hamilton en Peter Carl Vernon sal Vrydag aan die Valke oorgegee word om afsonderlik tereg te staan op die aanklagte,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, Donderdag gesê. “ʼn Span polisiebeamptes van Interpol sal saam met die verdagtes by OR Tambo Internasionale Lughawe land.”

Die twee het glo uit Suid-Afrika gevlug nadat bewerings van bedrog teen hulle aan die lig gekom het, het Ramaloko gesê.

Hamilton (45) word daarvan beskuldig dat hy die Refrigeration Investment Company en Refrigeration Company in 2007 bedrieg het. “Hy het glo R6 miljoen se aandeletransaksies na drie verskillende bankrekeninge oorgeplaas sodat hy die geld vir persoonlike gewin kon aanwend.”

Vernon (50) het in 2010 glo nagenoeg R5 miljoen van sy vorige werkgewer se Gold Reef City-rekening na sy eie rekening oorgeplaas. Hy was in daardie stadium die hoof finansiële beampte.

Ramaloko het gesê hulle sal in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn wanneer hulle Vrydag in Suid-Afrika land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.