Twee sersante vas oor korrupsie in Kaapstad

(Foto: SA Polisie)

Twee polisiesersante van Manenberg-polisiestasie in Kaapstad is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee beamptes, onderskeidelik 32 en 35 jaar oud, is Sondag by die polisiestasie in hegtenis geneem.

“Die beamptes het na bewering op 15 Junie 2019 die klaer se huis in Athlone besoek en hom daarvan beskuldig dat hy paspoorte vervaardig en verkoop. Hulle het hom na Manenberg-polisiestasie geneem en beslag gelê op sy skootrekenaar en selfone,” het Rwexana verduidelik.

“By die polisiestasie het hulle geld geëis om sy vrylating te verseker. Die klaer het gesê hy het slegs R5 000 in kontant by sy huis. Hulle het hom teruggeneem huis toe en glo sy skootrekenaar en selfone teruggegee in ruil vir die R5 000 wat hy betaal het.”

Die saak is by die teenkorrupsie-eenheid aangemeld en ná die Athlone-landdroshof ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik het, is die beamptes in hegtenis geneem. Hulle verskyn binnekort in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willem ·

Sê myctog net. Wie in hierdie polisiemag kan nog vertrou word?

JM ·

Om deesdae ‘n klag by die polisie te lê, beteken om die duiwel by die satan te verkla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.