Twee sesjariges sterf na tref-en-trap

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Twee sesjarige seuns is Saterdagaand in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Bellville, Kaapstad dood.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel in Symphonyweg het ʼn groep mense om die seuns se lewelose liggame gestaan. “Paramedici het met verdere ondersoek vasgestel dat albei seuns ernstige noodlottige beserings opgedoen het. Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak sê volgens omstanders het die twee seuns langs die pad gestap toe hulle deur ʼn motor getref is. Hy sê paramedici kon nie die bestuurder van die motor opspoor nie. Die seuns se families is ontbied voor paramedici op die toneel aangekom het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

janet ·

Dis so hartseer. Vra die Here om met die ouers en familie te wees en hulle deur die hartseer te dra. Hoop die persoon word gekry wat die kindertjies raak gery het.

alet ·

My innige simpatie hierdie saak sal deur ons fyn dop gehou word want my kind is ook 2jaar so dood gery en daar het niks van gekom nie die polisie weet wie verantwoordelik was maar tot op datum het ons nog niks gehoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.