Twee seuns by Potch-laerskool deur weerlig getref

Argieffoto (Foto: ELTC, Pixabay)

Twee seuns, vermoedelik 11 jaar oud, is Donderdagmiddag in ʼn hospitaal opgeneem nadat hulle deur ʼn weerligstraal getref is by ʼn laerskool in Potchefstroom.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 13:30 na die toneel ontbied. “Die twee seuns was in die noodhulpkamer toe paramedici by die toneel opgedaag het. Een van die seuns was in ʼn ernstige toestand en die ander een het matige beserings opgedoen.”

Hy het gesê albei seuns het groot brandwonde opgedoen.

“Die seuns is behandel en het pynverligtingsmedikasie ontvang voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.