Twee seuns by speelpark ontvoer

Onalenna Molehabangwe (Foto: Verskaf)

Die polisie soek onverpoos voort na twee jong seuns wat glo Dinsdag by ʼn parkie in Mahikeng, Noordwes, ontvoer is.

Sers. Lesedi Dingoko, woordvoerder van die polisie, het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo, albei tien jaar oud, sedert Dinsdagaand vermis word nadat hulle glo deur drie mans in ʼn Volkswagen Polo-motor ontvoer is.

Dingoko sê dat die seuns in ʼn parkie in Montshiwa, ʼn uitbreiding van Mahikeng, saam met nog ʼn maat gespeel het, toe dié twee met ʼn pak aartappelskyfies na ʼn motor gelok is.

Die verdagtes het die seuns na bewering gegryp waarna hulle in die kattebak van die motor ingeboender is. Die verdagtes het met die seuns weggejaag, sê Dingoko.

Onalenna het ʼn blou langmou-T-hemp en blou denim aangehad ten tyde van sy verdwyning, terwyl Gontse ʼn kortmou-T-hemp met rooi, geel en blou strepe aangehad het. Albei is leerders aan die Podile Primary School in die Ramosadi-nedersetting in die omgewing.

Volgens Dingoko is die motief vir die seuns se ontvoering in dié stadium nog onbekend. “Ons fokus is tans net om die seuns op te spoor.”

Enigeen met inligting in verband met die voorval kan kapt. Manko Tiroyabone by 076 529 5066 bel.

Gontse Cholo (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pierré Booysen ·

Ons bid dat Jesus hulle terug huistoe sal vat, ongedeerd.

Guve ·

Sterkte aan di ouers en families, dis n groot nagmerrie,sal Bid vi hul veilige terugkoms.

nici ·

Hulle het my kind ook 2 weke terug probeer uit my kar gryp, ek het hom net in die kar gesit en vas gegordel, toe ek aan my kant inklim, ruk hulle sy deur oop en gryp hom, gelukkig vir die gordel en my greep het hy gelos en gehardloop en in n ander kar gespring en weg gejaag. Nerens is meer veilig nie. Ek het vir meer as n half uur gewag vir die polisie en net gery om my kinders uit die situasie te kry en te kalmeer.

Agie ·

Wat baie ontstellend is…. waardeur gaan daai seuns?
Indien hul nog leef, wat maak die ontvoerders? Geld?
?

Theresa ·

Dis vreeslik. Hoe kan sulke dinge gebeur? Hoe kan “mense” sulke dinge doen?
Mag die Here sy hand oor hulle hou en veilig en ongedeerd terugbring.

Indenkbaar ·

Ai, waardeur gaan hierdie arme seuns?
Hierdie kinders gaan NIE ongedeerd anderkant uitkom nie. Hulle is ontvoer vir n rede….
So so hartseer

Blommie ·

En die media kon nie Woensdag oggend of Dinsdag aan dadelik berig het hieroor nie.
Dis wat my kwaad maak van die media, die kinders was al Dinsdag ontvoer en die media sal NIKS se nie. Elke liewe uur wat aanstap is daar n kleiner kans dat die kinders opgespoor kan word, sulke tiepe goed moes dadelik oralals gedeel gewees het.
Dan kon daai varke al moontlik gevang gewees het, PADBLOKADES, enige iets om daai kinders te help vind.
Baie Sterkte aan die familie en hoop e bid hulle word veilig gevind

Inge ·

Dat ‘n mens se kinders nie eers meer kan speel nie. Dit maak my siek. Ek bid dat hulle gevind word, die angs wat hulle moet deurgaan moet verskriklik wees. My hart breek vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.