Twee seuns sterf dae ná mekaar by Potch-dam

Die steengroefdam in Ikageng, Potchefstroom (Foto verskaf deur ER24)

Twee seuns het vandeesweek verdrink tydens twee afsonderlike voorvalle by ʼn steengroefdam in Ikageng, Potchefstroom in Noordwes.

“Paramedici is op 15 Januarie deur die polisie se duikeenheid na die dam ontbied,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24. “ʼn 14-jarige seun het onder die water verdwyn. Die duikeenheid het sy liggaam ná ʼn paar minute opgespoor en hom na die wal gebring. Paramedici het hom dood verklaar.”

ER24 is Vrydag weer na die dam ontbied tot ʼn agtjarige seun wat gaan swem het, verdwyn het. “Die SAPD se duikeenheid het weer vir ʼn paar minute gesoek en op die seun se liggaam afgekom. Paramedici kon ongelukkig niks vir hom doen nie en hy is dood verklaar.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in na die twee voorvalle.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Marius

Ek het in my jong dae baie in ghwarriegate en vleie geswem. Toe was die water baie skoner as nou. Dit is nou maar deel van kinder pret en dit kan verseker skeef uitdraai. Simparie aan die famillies.