Twee seuns sterf in brand

Argieffoto

Argieffoto

Twee seuns is dood nadat ‘n brand by ‘n huis in Delft in Kaapstad uitgebreek het.

“Twee seuns, vyf en ses jaar oud, is in die brand dood. Dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad se rampbestuursentrum, gesê.

Solomons-Johannes sê twee agterplaaswonings in Fort Worthstraat is in die brand vernietig wat Vrydagaand uitgebreek.

Solomons-Johannes sê die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.