Twee jong seuns sterf saam

Argieffoto

Twee jeugdiges, onderskeidelik 14 en 16 jaar oud, is dood en drie ander ernstig beseer ná ʼn tref-en-trap-ongeluk in Madadeni in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, sê die voorval het glo Maandagaand omstreeks 20:00 plaasgevind.

Volgens Mabuza wou die vyf persone die D2945-pad, glo ʼn besige roete in die omgewing, oorsteek toe ʼn motor tussen hulle ingeploeg het.

Hy sê die 14- en 16-jariges, albei seuns, is op die toneel dood verklaar. Mabuza kon nie die ouderdom of geslag van die ander drie beseerdes bevestig nie, maar het wel gesê dat hulle na die Tonga-hospitaal geneem is vir dringende mediese behandeling.

Mabuza sê dit is nie bekend in watter rigting die motor weggejaag het nie. Hy sê die polisie is onverpoos op soek na die bestuurder van die motor. Twee sake van strafbare manslag is reeds geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Coenie

Ondersoek Wat????

Ena

Die bestuurder word gesoek….n besige PAD wat hulle wou oorsteek.
Wathet hulle daar gesoek as hulle weet van die verkeer.
Waar is die tyd dat daar vir die motoris uit gekyk is en die voetganger of fiets ryer paraat moet wees?

Annette Botha

Ek neem aan dit was verlede Dinsdagaand. Dit is in elk geval vreeslik dat mense so onverskillig bestuur. Hulle hoort darem te sien daar loop mense in die pad.

Ben

Dit is nie noodwendig die bestuurder se skuld nie. Ek dink daar is groot probleem by voetgangers. Ek het my seun naby ‘n skool in die oggend gaan aflaai. Die kinders loop in die middel van die strate. Hulle ignoreer pad reels en veiligheid totaal en al. Van hulle is nie reg opgevoed nie bv in ons tyd is jy geleer dat daar ‘n spesefieke manier om te kyk oor hoe jy oor ‘n straat stap, dat jy aan ‘n sekere kant moet loop, dat jy by ‘n voet oorgang moet oorloop ens. Vandag se kinders ken dit nie. Dit… Lees meer »

moeks

Nou hoekom sou die bestuurder dan weggejaag het as hy/sy so onskuldig was? Is daar geen padtekens wat waarsku dat daar voetgangers, kinders en diere op die pad is nie. Ek het al borde gesien wat aandui dat spoed in so ‘n geval 60 km per uur is. Stem saam dat voetgangers wel ook ‘n probleem is.