Twee jong seuns sterf saam

Argieffoto

Twee jeugdiges, onderskeidelik 14 en 16 jaar oud, is dood en drie ander ernstig beseer ná ʼn tref-en-trap-ongeluk in Madadeni in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, sê die voorval het glo Maandagaand omstreeks 20:00 plaasgevind.

Volgens Mabuza wou die vyf persone die D2945-pad, glo ʼn besige roete in die omgewing, oorsteek toe ʼn motor tussen hulle ingeploeg het.

Hy sê die 14- en 16-jariges, albei seuns, is op die toneel dood verklaar. Mabuza kon nie die ouderdom of geslag van die ander drie beseerdes bevestig nie, maar het wel gesê dat hulle na die Tonga-hospitaal geneem is vir dringende mediese behandeling.

Mabuza sê dit is nie bekend in watter rigting die motor weggejaag het nie. Hy sê die polisie is onverpoos op soek na die bestuurder van die motor. Twee sake van strafbare manslag is reeds geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ena ·

Die bestuurder word gesoek….n besige PAD wat hulle wou oorsteek.
Wathet hulle daar gesoek as hulle weet van die verkeer.
Waar is die tyd dat daar vir die motoris uit gekyk is en die voetganger of fiets ryer paraat moet wees?

Annette Botha ·

Ek neem aan dit was verlede Dinsdagaand. Dit is in elk geval vreeslik dat mense so onverskillig bestuur. Hulle hoort darem te sien daar loop mense in die pad.

Cherokee ·

Annette, om 20:00 kon dit donker gewees het, en nog donkerder as die lug bewolk was. Teen 120 kmu (klink of dit ‘n oop pad is) bereik ‘n motor in breukdele van sekondes die afstand wat die hoofligte strek. So, indien daar roekeloos oor die pad gehardloop is, hou jou beskuldiging nie noodwendig water nie.

Ben ·

Dit is nie noodwendig die bestuurder se skuld nie. Ek dink daar is groot probleem by voetgangers. Ek het my seun naby ‘n skool in die oggend gaan aflaai. Die kinders loop in die middel van die strate. Hulle ignoreer pad reels en veiligheid totaal en al. Van hulle is nie reg opgevoed nie bv in ons tyd is jy geleer dat daar ‘n spesefieke manier om te kyk oor hoe jy oor ‘n straat stap, dat jy aan ‘n sekere kant moet loop, dat jy by ‘n voet oorgang moet oorloop ens. Vandag se kinders ken dit nie. Dit is automaties die motor bestuurder se skuld. Wys vir my een motor wat onmiddelik kan stop. Dit is almal se skuld want julle kinders is nie opgevoed nie. My innige simpatie met die ouers maar ons het ‘n groot opvoedings probleem. Dit is tyd dat mense stop om ander te blameer vir hulle tekort komminge. Verwyder die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter in ander se oog probeer verwyder.

moeks ·

Nou hoekom sou die bestuurder dan weggejaag het as hy/sy so onskuldig was? Is daar geen padtekens wat waarsku dat daar voetgangers, kinders en diere op die pad is nie. Ek het al borde gesien wat aandui dat spoed in so ‘n geval 60 km per uur is. Stem saam dat voetgangers wel ook ‘n probleem is.

LB ·

Dit het met my gebeur, besope voetgangers het reg voor my motor ingespring. Glo ‘n grap gemaak volgens die ander. Toe die polisie opdaag het hulle eenkant met die polisie staan en praat en daar verander hulle storie heeltemal. Dit het my baie moeite en ellende gekos om te probeer bewys dat ek nie roekeloos of nalatig was nie. As ek weer in daardie omstandighede sou beland, wonder ek of ek sou stop veral as jy weet jy het absoluut niks verkeerd gedoen nie.

dom ·

Ha. Dink jy ek gaan rondhang… die motoris sal altyd eerste gekruisig word maak nie saak wat nie . Hulle het nie op daai pad gehoort nie.

m.d.r ·

Oor die N4 by Majakaneng , ‘n swart dorp tussen Mooinooi en Brits is daar voetganger oorbrue gebou oor die snelweg, en daar is ‘n betonheinig langs die dorpsgebied aangebring juis om voetgangers van die pad af te hou.
Groot dele van die heining is verwyder ….
Gebruik hulle die oorbrug…? moenie glo nie…!
Dis ‘n nasionale hoofweg met ‘n spoedbeperking van 120 km/u…natuurlik gaan daar noodlottige gevolge wees…!
Dieselfde gebeur op die N4 aan die westekant van Pretoria, die Pelindaba tolpad
Dag of nag–voetgangers is doodeenvoudig te lui om vir hul eie veiligheid oorbrugge te gebruik–
Daar was al baie spoedlokvalle, maar “jay walking” is aanvaarbaar.
Ek wonder , as ‘n bestuurder vir bestuur onder die invloed gearresteer word–hoe dan nou met ‘n besope voetganger…? Loop onder die invloed ?

PJC ·

Die manier waarop hierdie voetgangers oor paaie beweeg maak dit amper onmoontlik om hulle nie raak te ry nie. Dit lyk asof hulle ” chicken” speel met motoriste maar wanneer een raak gery word is daar skielik ń klomp ooggetuies met ń yslike liegstorie.

Koos1 ·

Lui die stelling van die 80’s nog ‘n klokkie:
“Liberation before Education”.
Ek is met Daantjie kat geleer, vandag leer niemand niks meer nie.

Met trots gebring deur die ANC!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.