Twee seuns sterf toe weerlig hulle tref

Argieffoto

Argieffoto

Twee kinders is dood en drie kinders kritiek beseer toe ʼn weerligstraal hulle in Mthonjaneni in KwaZulu-Natal getref het.

“Elf seuns het Saterdagmiddag sokker gespeel toe die weerlig hulle getref het,” het Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, in ʼn verklaring gesê. “Een van die kinders is op die toneel dood en die tweede een het op pad na die hospitaal gesterf.”

Nege van die seuns is na die KwaMagwaza-hospitaal geneem. Ses van die kinders is ontslaan en drie ander word nog steeds behandel.

“Ons doen ʼn beroep op inwoners om oop velde te vermy indien die weerlig begin slaan en om seker te maak dat kinders veilig tuis is,” het Mchunu gesê. “Dit gebeur skaars 24 uur nadat ons ʼn slagoffer van weerlig in Nongoma ter ruste gelê het.” Maroela Media het vroeër berig sewe mense is dood en vier ernstig beseer toe weerlig hulle verlede Saterdag getref het.

Ses mense is drie weke gelede in Colenso en Paulpietersburg dood weens weerlig wat hulle getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Drieks ·

Dit gebeur gereeld in Natal en sal die skole ernstig met die kinders moet praat.

CHRISTA ·

Dit is slim!! Wys die verkragters: Julle kry ons vrouens nie sommer onder nie!!

Paul ·

Die MRK sal die saak moet ondersoek. Klink my die weerlig is beslis rassisties.

Ryno ·

Paul, Nomsa Dube het in 2011 reeds tot die ongelooflike gevolgtrekking gekom dat weerlig in sy natuur ‘n element van rassisme bevat. Volg gerus die volgende skakel:
http://www.news24.com/MyNews24/Lightning-doesnt-strike-White-20120510
Die feit dat sy nie net sulke snert kan dink nie, maar in die publiek openbaar kan maak, spreuk boekdele…moontlik is sy self deur weerlig getref en het nooit heeltemal herstel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.