Twee seuns van Vrystaatse skool vermis

(Argieffoto)

  • Een van die seuns het die afgelope week sy ma gekontak en gesê dat albei veilig is. Die seuns word ingevolge wetgewing nie geïdentifiseer nie. 

Twee leerders van ‘n skool op Dewetsdorp in die Vrystaat word sedert verlede week al vermis.

Volgens Pink Ladies, ʼn organisasie wat help in die soektog na vermiste mense, word die seuns, albei 16, sedert Donderdag vermis. Teen Sondagaand was daar volgens die organisasie nog geen teken van die twee nie.

Dit is nie bekend watter soort klere enige van die twee seuns ten tyde van hul verdwyning aangehad het nie.

Die twee maats is volgens die organisasie Donderdag die laaste keer by die skoolkoshuis gesien.

Die skool kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie. Die Vrystaatse polisie het onderneem om terugvoer te gee sodra enige inligting bekend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Sterkte aan die ouers van die 2 seuns. Hul was in die koshuis, dus moet daar tog kinders/personeel wees wat hul sien uitgaan het.

modiglianigirl ·

Ek hoop en bid opreg dat die kinders veilig is en vinnig weer terug by hul huise sal uitkom. Dit is geweldig kommerwekkend. My hart is met die gesinne.

Misky ·

Hoop die seuns net kattekwaad aangejaag en nie in gevaar nie. Sterkte aan die ouers van albei seuns

Chris ·

Op pink lady se groep het die een seun se ma gese die seuns het hulle laat weet hulle is in JHB.

Ja daar is koshuispersoneel op diens maar daar is ongeveer 30 plus seuns per koshuis so dit is nie altyd moontlik op n ogie te hou oor al die seuns ter gelyk nie. En die seuns sal mekaar nie split as iemand probeer weg loop nie.

Misky ·

Goeie pakslae op sy tyd soms nodig om die oortjies weer mooi oop te maak

Onnie ·

Shame ek dink die 2 seuns het saam weggeloop, omdat die samelewing hulle nie kon aanvaar vir wie hulle is nie. Die lewe van ‘n tiener kan soms baie wreed en alleen wees. Darem het hulle mekaar om op te steun. Hoop hulle word spoedig met hul geliefdes herenig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.