Twee seuns van Kaapstad ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

Clinton Swart (10) en Samuel Muller (11) het Dinsdag verdwyn nadat twee onbekend mans hul in Landsdowne opgelaai en met hulle weggery het.

“Die twee seuns het omstreeks 15:30 voor Lansdowne Fisheries op die hoek van Lansdowne- en Blomvleiweg gespeel,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee mans het by die seuns stilgehou, hulle geroep en aangesê om in die motor te klim.”

Volgens ooggetuies het die verdagtes in die rigting van Athlone gery. Hulle het glo ook hul gesigte bedek gehou om hul identiteit te verbloem.

Kinana sê die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Waar gaan dit heen? ·

Sommer so helder oordag. Toeskouers en al! En die seuns klim toe sowaar in!? Het hulle ouers hulle nie geleer nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.