Twee seuns verdrink in PE-damme  

Foto: SAPD

Twee kinders het die afgelope week in afsonderlike voorvalle in Port Elizabeth in die Oos-Kaap verdrink.

Albei voorvalle het Donderdag plaasgevind, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê en ʼn beroep gedoen op ouers om hul kinders se veiligheid te verseker wanneer hulle gaan swem, hetsy in damme of die see.

In die eerste voorval is ʼn 12-jarige seun se liggaam deur polisieduikers uit ʼn dam gehaal in NU 12-uitbreiding in Motherwell.

Die liggaam van ʼn 16-jarige seun is later die middag uit ʼn dam in Walmer gehaal. Die polisie se honde- en soek-en-reddingseenheid was ook betrokke. Die polisie ondersoek albei voorvalle.

“Ons doen ʼn beroep op ouers om deurlopend met hul kinders te praat en hulle in te lig oor die moontlike gevare wanneer hulle in die water is,” het Naidu gesê.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Ek kan nie anders as om die vraag te vra nie….was die kinders swart? Ek as ‘n wit kind het van ‘n jong ouderdom geleer by ‘n publieke swembad, hoe om te swem deur ouer kinders en onderwysers. Eers in die vlak kant en soos my agterwereld minder en minder gebewe het, dieper in. Ek was nog nooit bang vir water of nou ‘n dam, ‘n rivier of die see. As ek inval, gestoot word, of self in gaan KAN EK SWEM en water trap. Met swart kinders is die nie soe nie, en baie maal as hulle by ‘n strook water kom dan moet hulle in, maar van swem en water trap weet hulle min. Dan raak hulle in die moelikheid. In alle geval my diepste meegevoel met die ouers en vriende van die twee seuns. Te veel onlangs gebuer dat kinders verdrink of doodgeskok word deur onwettige drade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.