Twee seuns verdrink op bouperseel

Die steengroef op die bouperseel in Mamelodi waarin die twee seuns verdrink het (Foto: Verskaf)

Die Gautengse departement van vervoer en padinfrastruktuur het ʼn onafhanklike ondersoek begin nadat twee seuns Sondag by ʼn bouperseel in Pretoria verdrink het.

Volgens die departement het die twee glo in ʼn steengroef op ’n bouperseel in Solomon Mahlangu-rylaan in Mamelodi gaan swem. Dit is nie duidelik hoe oud die seuns is, of wat presies tot hul verdrinkings gelei het nie.

Die departement gaan nou die omstandighede rakende hierdie tragiese voorval ondersoek. ’n Senior advokaat wat die ondersoek sal lei, sal teen die einde van die week aangestel word.

LUR Jacob Mamabolo sê met die ondersoek wil hulle bepaal of die kontrakteur – wat die projek op die bouperseel bestuur – enigsins nalatig was. Die ondersoek sal ook bepaal of al die nodige veiligheidsmaatreëls getref was om die ongeluk te kon voorkom.

“Die uitkomste van die ondersoek sal geïmplementeer word sonder om enigiemand te benadeel. Die departement sal ook sonder vrees of guns optree indien die ondersoek daarop dui dat iemand aanspreeklik gehou moet word,” sê Mamabolo.

Hy sê die departement wil egter nie die uitkomste van die ondersoek vooruit loop nie.

“Die is belangrik dat alle kontrakteurs aan wie projekte toevertrou word, hul werk op die mees professionele en veilige manier uitvoer en potensiële risiko’s beperk.”

Mamabolo het sy medelye met die twee seuns se families betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Phillip ·

Knip van heinigs klim oor heinings kruip onderduer heinigs . Dis mos vir spek en boone daar . Op ons plase is dit ook die selfde niks hou hulle uit nie selfs ons grens draad is geknip en loop vrei rond so wat is nuut in SA mmmm. Jammer vir daai stouters

Deon ·

Begin jul ondersoek by die projek bestuurder wat seker moes gemaak het alle reels en regulasies word nagekom as n projek toegeken word, dis een van daai dinge wat gedoen moet word soos om seker te maak jou bbee is in orde met die toekenning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.