Twee seuntjies in hospitaal ná hulle amper verdrink

Argieffoto

Twee seuntjies, albei twee jaar oud, sterk in hospitale in Gauteng aan nadat hulle onderskeidelik Dinsdag en Woensdag in swembaddens beland en amper verdrink het.

Paramedici van ER24 is Woensdagmiddag na ʼn huis in Roodepoort ontbied. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 14:00 op die toneel aangekom en ʼn seuntjie in die arms van sy ma aangetref.

“Daar is aan paramedici gesê dat ʼn familielid die seuntjie in die swembad sien dryf het en dat hy onmiddellik uit die water gehaal is.”

Die seuntjie was in ʼn ernstige toestand en is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir dringende mediese behandeling.

Dié voorval volg nadat paramedici van ER24 ook die vorige dag na ʼn huis in Andeon in Pretoria ontbied is nadat ʼn seuntjie in ʼn swembad beland het.

Familielede het ook reeds die seuntjie uit die water gehaal en noodbehandeling begin toepas.

“Paramedici het oorgeneem en die seuntjie ondersoek en gesien hy toon geen tekens van lewe nie. Die seuntjie het egter ná ʼn paar minute weer tekens van lewe begin toon.”

Hy is na die Kalafong-hospitaal gehaas vir dringende mediese sorg.

Die presiese omstandighede rakende albei voorvalle word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Madelein ·

Die seuntjie van Andeon is Dinsdag Kort na hy in hosp opgeneem is oorlede

Chantelle ·

Aggenee Madelein dis soooo hartseer. Sterkte vir al die familie en vriende

Pieter ·

Oujongvrou, my kinders en hulle vriende het groot geword met swembaddens by hulle woonhuise. Die agterkant waar die swembad is se hekke en die deure was altyd gesluit en geen kind kon dir regkry om deur te glip na die swembad area. Selfs ons honde kan swem en hulle weet waar die trappe is om veilig uit die water te klim.Ons is baie bewus van klein kinders naby die swembad. My opinie, leer jou kinders water veiligheid van kleins af.
My meegevoel met die ouers wat hulle kindertjies moes afstaan. Luister asb na Hou die hemel oop. Dit bied oneindig vertroosting dink ek.

wilma ·

Innige simpatie aan die ouers met die verskriklike verlies. Ek wil weer vra, indien dit enigsins moontlik is, omhein asb. swembaddens en kry veiligheidsnette of gooi dit toe. ‘n Kind se lewe is tog meer werd as ‘n swembad? Ongelukkig is dit so dat die kleingoed so vinnig is en jy nie altyd ‘n oog oor hulle kan hou – ek weet, ek is die ouma van ‘n BAIE woelige 3-jarige knapie wat ook nie van die swembad kan wegbly nie.

Maljan ·

Daar was altyd munisipale wetgewing oor swembaddens wat omhein moes wees. Dit was goeie wetgewing. Baie beter as die een wat sê jy mag n inbreker of aanvaller nie skiet nie. Hoekom is dit geskrap?

Oujongvrou ·

Gooi toe alle swembaddens. Elke jaar is daar hierdie tragedies.

Asjas ·

Meskien ‘n net en / of hekkie om die swembad?? Destyds was dit wet, weet nie van nou nie. Ongelukke gebeur. Moet ons nou alle voertuie in die swembaddens gooi voordat ons hulle toegooi?? Weet jy hoeveel kinders verloor hul lewens in motor ongelukke??
Ek baklei nie hoor, duidelik het jy iewers in jou lewe baie seer gekry maar ons kan nie objekte blameer vir alles nie. Mense maak foute, verloor konsentrasie ens. wat lei tot ongelukke. Ek het ook al baie seer gekry en mense verloor maar as ek die “vrees” beheer gegee het oor my lewe het nie ek, my man of een van ons kinders ooit hulle neuse by die huis uitgesteek nie!! Ons bid elke dag vir beskerming en sluit af met “laat U wil geskied”.

Hartseer ·

Dis ‘n skande. Help ook nie om hulle te beboet of op te sluit nie, skade is gedoen en hulle moet met hulle gewete saamleef. Kindertjies is geduring slagoffers van nalatige grootmense.

Marie ·

Sies. Tragiese ongelukke gebeur. Skaam jou oor jou hartelose opmerking.

wilma ·

@Hartseer & Wanda. Dink julle nie daaraan dat die ouers hulle tot in lengte van dae oor die gebeure gaan verwyt nie? Hê tog asb. ‘n bietjie genade vir hulle.

kallie ·

My swembad het ek toegegooi nog voordat daar kleinkinders was,was groot en die koste baie. Vandag is ek dankbaar,kleinkinders kry swemlesse en al die dinge,maar ek sou heeltyd onrustig wees. Siestog,so jammer vir die mense wie se kleinding dit nie gemaak het nie.

Andrea ·

Tragies. Innige simpatie aan die arme ouers.
Moet asb nie vingers wys nie, baie van ons is ouers en die meeste probeer hul bes vir hul kinders. Maar niemand kan n kind elke sekond van elke dag en nag dophou nie. Jy probeer, ja, maar ongelukke gebeur. Hê genade.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.