Twee sit lank ná moord op bejaarde boer

Foto: Reint Dykema

Twee mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn 77-jarige boer.

Frieder Johannes Filter is op 13 Mei 2016 op ʼn plaas in die Luneberg-omgewing buite Paulpietersburg in KwaZulu-Natal vermoor.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê Sthembiso Domoyi Shoba (30) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Filter, tien jaar vir poging tot moord en 15 jaar vir roof. Sabelo Abel Shoba (29) is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord en 15 jaar vir poging tot moord en roof. Die mans is Dinsdag in die Madadeni-hooggeregshof gevonnis.

Volgens Gwala is ʼn derde verdagte steeds soek in verband met die aanval op Filter en sy gesin, maar is die polisie positief dat hy in hegtenis geneem sal word.

Filter, sy vrou en twee van hul kinders is die dag omstreeks 19:00 op hul plaas oorval. Volgens Gwala was die aanvallers met vuurwapens en messe gewapen. Filter is doodgeskiet waarna die moordenaars gevlug het. ʼn Plaaswerker het in die moordenaars se pad gekom en hy is in albei sy bene geskiet.

Volgens Gwala is die plaaswerker se selfoon gestel en niks uit die huis nie. Die polisie het sake van moord, poging tot moord en roof ondersoek.

Die moordenaars is enkele dae ná die voorval in hegtenis geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris Ws ·

Nou sit hulle lekker met 3 maaltye per dag,vry mediese behandeling en geen verdere bekommernisse vir die baie jare nie terwyl Mnr. Filter se familie vir die res van hul lewens sonder hom en erg getraumatieseerd moet voortgaan.Die staat behoord hulle finansieel te vergoed vir dit wat hulle verloor deur sy moord.Dis immers gepleeg deur “landsburgers” wat waarskynlik die anc help in beheer bly het.

Elvira ·

Ek stem met jou saam. Alle slagoffers moet geld eis by die regering. Dit kan nie geliefdes terugbring nie maar dit kan dalk die regering wakker skud as dit aan hulle agtersakke begin raak.

wielie ·

wat help dit – 2 sit lank?? die boer is dood en die res van die boere leef in vrees. ??????????
wanneer is die doodstraf terug?

Nettie ·

@wielie …… Nóg een wat skreeu “bring terug die doodstraf!”

Dínk, mense. DINK!!!! Die doodstraf teruggebring in ‘n regstelsel in SA wat oor die afgelope jaar of twee gewys het dat strawwe onregverdig en ras-gebaseer is???? Waar twee mense o.m. 14 en 11 jaar opgelê word, omdat hulle ‘n ou in ‘n doodskis geprop het? Waar twee mense skuldig bevind word omdat hulle na bewering ‘n tiener van ‘n bakkie afgestamp het (gebaseer op een “ooggetuie” se getuienis) ……..

Nee wat, ons moet MOOI dink waarvoor ons wens. Buitendien, die ANC sal NOOIT OOIT OOIT die doodstraf weer terugbring nie, want dit sal ‘n groot gedeelte van hul stemmersgetal beïnvloed.

Judge Dredd ·

Ok, so die misdadigers is enkele dae na die voorval in hegtenis geneem.
Die vrou, kinders en plaaswerker het die voorval oorleef en was dus ooggetuies.

Vraag: Hoekom het dit twee en ‘n halwe jaar gevat om hulle te vonnis? Die storie moes niks langer as 3-4 maande geneem het.

rene ·

Is waar. En dan word daar vir hulle goeie gedrag gegee en regering gee vryheid aan moordenaars ens om hulle party goed te laat lyk.

GM ·

Santjie, jy mis die punt wat van die kommentators probeer maak. Die misdadigers lewe sorgvry (gratis kos, gratis medies ens.), terwyl ‘n gesin dalk hul broodwinner verloor het -en hulle moet maar net plan maak, daar is geen gratis kos en medies vir hulle nie. EN die belastingbetaler BETAAL vir daardie moordenaars se kos. Is dit regverdig? Mense kan nie kop bo water hou nie -hardwerkende mense – maar as jy moord pleeg, kry jy als verniet. Laat hulle arbeid verrig en hul kos verdien soos die res van ons. Of voel jy ook hulle moet beloon word met KFC en ontkleedanseresse?

Cherokee ·

Nee GM, dit is jy wat mis wat Santi sê. Jy het dan nie eens haar naam reg gelees nie, ‘n Goeie begryper het slegs ‘n halwe woord nodig.

M ·

Santjie mense soos jy maak n mens woedend. n Man is vermoor en n familie is sonder heenkome. Ek self het 3 familie lede verloor in plaas aanvalle. Die hartseer en swaarkry is n leeftyd. Daai twee sit in n tronk met kos, TV, medies, familie besoeke ens. Dis hoekom almal die hel in is. Wat het die oorledene se vrou en kinders … vervlaks man

Henry ·

Ai lewens lank. Na goeie gedrag is dit nie meer lewens lank nie. Hulle moet sit sonder parool.

Amanda ·

Ten minste is daar ‘n vorm van geregtigheid, daar is soveel mense in SA wat smag na bietjie “justice” vir hul vermoorde familielede. SA tronke is ‘n hel en hulle sal heel waarskynlik dit elk geval nie oorleef nie. Dankie aan die regter vir hierdie stap in die regte rigting!

christa ·

NIE TRONK STRAF NIE NIE DIE DOOD STRAF DIE DOOD STRAF DIE DOED GAAN NIE OP HOU NIE ONS PRESIDENT IS TE SLAP IN DIE BROEK DIE DOODSTRAF EN WEERMAG OPLEIDING MOES NOOIT WEG GENEEM WAS NIE DAN KAN EK JULLE VERSEKER SUID AFRIKA SOU N WONDERLIKE PLEK GEWWES HET OM IN TE WOON

MD ·

@MM, hoekom plaas julle NOOIT OOIT fotos van die moordenaars nie? Maar 4 fotos per artikel van die doodskis ouens, die kfc ouens, die bakkie ouens, die dros verkragter, maar nooit van n plaasmoordenaar nie??

Dienkie ·

@MD hulle “menseregte” sal seker geskend word die dat daar nie fotos van hulle verskyn saam ‘n plaasmoordberig nie.

Blikke ·

Ja en die man is dood….geen straf regverdig die dood van n geliefde nie. Hoe onregverdig is dit nie? Die Etters!!!

Jeremia ·

Waarom neem moordverhore jare lak in Suid-Afrika?
Waarom was dit moontlik om sulke sake gouer af te handel?

humor ·

Ja Maroela ons soek die fotos en nasionalitet van die moordenaar sodat aan die kaak gestel kan word as onwettig in die land. Dit kan bydra dat daar ernstig aksies teen die regering geloods kan word om hierdie euwel uit die land uit te kry. Het self in Zambie gesien dat fotos van moordenaars op straat vertoon word met sy naam, met die misdaad wat gepleeg is,en die datum van teregstelling. Goeie afskrikmiddel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.