Twee sit lank oor agt familielede se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof in KwaZulu-Natal gevonnis vir die moord op agt mense.

Thulani Donatus Mncwabe en Sibonelo Eric Mncwabe, is elk tot sewe keer lewenslank gevonnis met ʼn bykomende 20 jaar tronkstraf gevonnis vir een van die moorde, het Natasha Ramkosson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Die twee mans het Woensdag skuld erken op aanklag van die moord van agt mense wat verlede week aan die KwaZulu-Natalse suidkus aangeval en aan die brand gesteek is.

Heksery is moontlik die rede vir die moorde en die twee mans was familie van hul slagoffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel Strydom ·

Hoe is dit regverdige straf om 2 mense tronkstraf te laat uitdien vir 8 mense se lewens. Anti Doodstraf mense verduidelik asseblief.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Ou Sarel Seemonster ek stem saam dit maak net nie sin vir my ek stem bring die galg terug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.