Twee sit lank vir moord op polisieman

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans van KwaZulu-Natal is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hulle ʼn polisiebeampte en nog ʼn man vermoor het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê albei mans is lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 30 jaar tronkstraf opgelê nadat hulle skuldig bevind is op twee aanklagte van moord, roof en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die twee mans het konst. Mesula Mavimbele in Desember 2012 doodgeskiet en hom van sy Toyota Verso en dienspistool beroof. Mavimbele se lyk is later in ʼn sloot in Ekuvukeni naby Dundee gevind.

ʼn Tweede man is dieselfde maand in die omgewing geskiet. Hy is later in die hospitaal oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.