Twee sit lank wat Durban-gesin aanhou

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is Vrydag altesaam tot 70 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn gesin van Durban aangehou en die gesin se 17-jarige dogter verkrag het.

Die twee het in die Verulam-streekshof verskyn.

“Sihle Biyela is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die aanval op die gesin in 2013,” het Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê. “Msawenkosi Gumede (29) is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis.”

Ramkisson het gesê die twee mans was met vuurwapens gewapen toe hulle twee lede van die gesin buite hul huis in Phoenix gekonfronteer het. “Hulle het die egpaar met vuurwapens gedreig en hulle in die huis in gedwing waar die res van die gesin was. Biyela het die gesin aangehou terwyl Gumede die gesinslede een vir een na ander vertrekke in die huis geneem het en geld en ander waardevolle besittings geëis het,” het sy verduidelik.

Gumede het die onderskeie gesinslede aangerand en hulle gedwing om hul besittings uit te wys en hul selfone te oorhandig. “Die laaste persoon wat haar besittings uitgewys het, was die 17-jarige meisie, wat ook deur Gumede verkrag is.”

Die beskuldigdes het daarna die televisiestel, hoëtroustel, DVD-speler, klere en ander items in een van die gesin se voertuie gelaai en die man is met ʼn vuurwapen gedreig om saam met die beskuldigdes na die ingang van die Amaoti- informele nedersetting te ry waar Gumede en Biyela gebly het.

“Die twee mans is deur middel van vinger- en palmafdrukke en positiewe uitkenning met die misdaad verbind,” het Ramkisson bygevoeg. “Hulle is albei skuldig bevind op vyf aanklagte van roof met verswarende omstandighede en ontvoering, en Gumede is ook skuldig bevind aan verkragting.”

Gumede sal waarskynlik die res van sy lewe agter tralies deurbring. Ramkisson het gesê hy is verlede jaar in Julie in die Durbanse hooggeregshof skuldig bevind op ander aanklagte van verkragting en rooftogte wat tussen 2004 en 2012 plaasgevind het. Hy is in daardie stadium tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis en in nog ʼn hof tot 107 jaar tronkstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

P S ·

Ek sien ons ou mooi land en ons mense daarin is baie deurmekaar. Eers betaal die meeste deur hul nek om opgely te word om ‘n goeie werk te he, sodat hul eendag vir hul gesin kan sorg, Hul betaal deur hul nek vir verblyf en om kop bo water te hou. Hul betaal deur hul nek vir belasting en dit is goed as dit werk. Hul betaal deur hul nek om ‘n neseiertjie te he vir eendag as hul oud is. Dan kom vat hulle jou goed, vermoor jou vir ‘n selfoon, verkrag jou kinders, hul gaan tronk toe AS hul gevang word en dan word hulle lekker lewenslak gevoed en gehuisves MET DIE BELASTING WAT ALMAL WAT BEREID IS OM TE WERK EN NOG DIE ANDER SE SAKKE VOLSTOP!
Die ironie van hierdie saak is dat daar nou al meer as twintig jaar niks aan die saak gedoen word nie. DIT is baie baie sad.

Michael ·

Stem 100% saam met PS dit is sad dat ons so mooi land gehad het en nou is ons vreemdelinge sonder ‘n sê wat gemelk word met belastings

P S ·

Han, hoekom moet hulle verrot in die tronke en JY en Ek moet lewenslank betaal vir sy luxury verblyf en om sy pens vol te hou? Hoekom kan die doodstraf nie ingebring word nie?

Arno ·

As hy lewenslank vroeer gekry het, hoe is hy dan uit gewees om hierdie Dade te pleeg

annette duvenhage ·

Het ek reg gelees ? hoe is dit moontlik dat hy uit die trunk was met die vonnis wat hy gekry het. Of was hy ook een van die President se begunsdiges. Vra maar net.

Charlotte ·

Ek stem ook vir doodstraf maar dit sal nooit ingestel word deur hierdie regering nie want hul WEET dat hul uitgedun gaan word en selfs van hulle in hul hoe poste gaan doodstraf kry. Dit is vir hulle scary. Die bybel se n oog vir n oog…maar hul weet hul gaan moor so hoekom hulself die doodstraf ople….my hart gaan uit na daai kind wat met so sieleskade moet opgroei…hoop dit gaan intussen al beter met haar en met haar familie!!!

CHRISTA ·

Die ANC moet net besef: nie AL hul familielede het body guards nie!! Wat jy saai, sal jy maai!!!

Lithop ·

Lees mens ooit van tannie Martie en oom Koos wat al vir 120 jaar getroud is? Sy was vir 60 getroud en hy ook. Altesaam 120 jaar. Belaglik, nê? Nou waarvoor lees mens geduring van skurke wat altesaam ‘n vonnis van suffel of suffel jaar gekry het. Kyk na paragraaf een van hierdie berig. Dit skep die indruk dat hierdie twee maaifoedies 70 jaar gaan sit. Maar lees verder en jy sien die een het ‘n vonnis van 30 jaar en die ander een ‘n vonnis van 40 jaar gekry. Wat op dese aarde het 70 jaar hiermee uit te maak? As daar nou, sê nou maar, 10 beskuldigdes was, sou mens dan gelees het dat hulle tot 300 jaar tronkstraf gevonnis is?

Francie van Rensburg ·

Kan iemand my asb sê wat die man buite die tronk gesoek het na oa 3 lewenslange vonisse?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.