Twee sit lewenslank vir moord

2013_10$thumbimg131_Oct_2013_102847204Twee mans is in die Madadeni-landdroshof in KwaZulu-Natal lewenslange tronkstraf opgelê vir moord.

Msawenkosi Masuku (26) en Sifiso Ntshingila (21) is tot ʼn verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, 10 jaar vir poging tot moord en ses jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans is daaraan skuldig bevind dat op hulle 14 Maart 2012 twee Ethiopiërs in hulle winkel aangeval en een doodgeskiet en die ander een gewond het. ʼn Onbekende bedrag geld, lugtyd en drie selfone is gesteel. Masuku en Ntshingila is twee dae later in hegtenis geneem. “Daar is ʼn ongelisensieerde pistool en ses rondes lewendige ammunisie in hulle besit gevind.” Die vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur en daar is bevestig dat dit vir die moord gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.