Twee skietvoorvalle binne ure in Gauteng

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Man is ernstig gewond toe hy Dinsdag buite ’n huis in Germiston aan die Oos-Rand geskiet is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici is kort voor 16:30 na ’n skietvoorval in Lambton ontbied.

Volgens Van Huysteen het paramedici met hul aankoms op die toneel ’n gewonde man op die sypaadjie buite ’n huis aangetref. Die man het skietwonde aan sy bors en arm opgedoen.

Die man is na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Nog twee mense is ure later in ’n skietvoorval gewond – dié keer in Randburg.

Volgens Van Huysteen is paramedici Dinsdag voor 23:30 na ’n toneel in North Riding ontbied, waar hulle met hul aankoms ’n gewonde man en vrou in die oprit van ’n huis aangetref het.

Die man het skietwonde aan sy skouer en arm opgedoen en is in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal gehaas. Die vrou het geringe beserings in die voorval opgedoen en is ook na ’n hospitaal vervoer.

Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frederik ·

Klink amper na n toneel uit die wilde weste….. se maar net..

Cherokee ·

Nooit het dit in die Wilde Weste so rof gegaan soos in Donker Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.