Twee skole in Limpopo aan die brand gesteek

Brandskade by Rehlahlilwe Primary School. Foto: Verskaf

Twee skole is Vrydag in Limpopo te midde van gewelddadige betogings aan die brand gesteek.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê in die jongste voorval is die kantoorgebou van Leriane Secondary School in die Zaaiplaas-omgewing naby Groblersdal Vrydag omstreeks 22:30 aan die brand gesteek.

“Die polisie en brandweer is in kennis gestel nadat ʼn verbyganger die vlamme opgemerk het. Die polisie en brandweer het vinnig gereageer,” het Ngoepe gesê.

Die voorval volg nadat die kantoorgebou van Rehlahlilwe Primary School, ook in Zaaiplaas, Vrydag in die vroeë oggendure aan die brand gesteek is.

“ʼn Groep ontstoke inwoners het op ʼn verwoestingstog gegaan en die gebou aan die brand gesteek. Die polisie het vinnig gereageer en vyf verdagtes, tussen 28 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.”

ʼn Polisievangwa is ook tydens Vrydag se voorval aan die brand gesteek en vroeër vandeesweek is ʼn polisiekonstabel aangerand en beseer.

Die Zaaiplaas-gemeenskap het Dinsdag begin betoog en onder meer die R579-pad met groot klippe versper.

Die polisie ondersoek sake van opsetlike saakbeskadiging, aanranding en brandstigting. Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na meer verdagtes, wat die ringleiers insluit.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het ingegryp en beamptes van die openbare orde polisie in die gebied ontplooi om die situasie te beheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Annie ·

Iets wat my grensloos irriteer behalwe ons slapgat regering is die woorde. Die polisie veroordeel die gebeure en loots ń volskaalse ondersoek na die gebeure. Maar dit gebeur reg voor die skynbaar blinde polisie en regering. Nog nooit so ń volstruis republic gesien soos SA nie. Regering en polisie druk hul kop in ń gat.

Jane ·

Hulle sorg self darvoor om agter te bly, net om hierdie argument weer te gebruik om its gratis te kry. Anders het hulle nie meer n verskooning nie. Ek is agter geblewe omdat ek nie kon leer nie. Ek kon nie leer omdat omstandighede my gedwing het die skool aftebrand. En omdat die skool afgebrand is kon ek nie leer nie. So jy moet my nou gee. Wan begin hulle verantwording vir hulle lewe te neem?

Hanna Hoekom ·

Jy is SO reg! Maandag daag hulle by die skool op wat hulle Saterdag afgebrand is… En dit sal nog steeds Jan van Riebeeck se skuld wees!

Hannelie vd Merwe ·

Of hulle is Maandag by jou skool, wat opgepas word en nie afgebrand word nie …

Weti meer ·

Brand af, breek af…..ons betaal mos nie. Wie se geld betaal vir die skade? Ons swaar verdiende geld dmv uitermatige belasting.

Linda van Mosselbaai ·

Ek is so hartseer dat grootmense alweer die jeug benadeel – die mense wat more die land moet regeer word nie kans gegee om te kan leer om dit te doen nie.

AWVDM ·

Viva Democracy Viva South African Democracy Viva…. as ek meer sé sal ek seker Tronk toe gaan….

Jannie ·

Sonder ‘n iota se twyfel…Die Verwoester waarvan in Die Woord gepraat word!!!

Plantasiegorilla ·

Lekker man, lekker. Lekker hier in la la Land. Nie meer lank nie dan is alles verby.

Deon ·

Dit is ‘n skande!!! Patetiese klomp wat ons eens pragtige land regeer!! Om terwille van stemme toe te laat dat alles tot niet gaan en dus swyg is volgens my genoegsame rede vir die buiteland om in te gryp en die land in staat van totale wanorde te plaas!!

Joe ·

Julle het dit in die ou bedeling gedoen. Julle doen dit nog steeds. Hulle sal nooit verander nie.

Von ·

Sinnelose dade, onbegryplik hoe mense hulle woede op dooie goed soos geboue kan uithaal. Die fondse om dit weer oor te bou kom van waaraf…..

Kry Vir Julle ·

Wil mos grond he gee vir hulle daai grond.
Dan kan hulle begin met net wat hulle wil.
Eish wil nie daai grond he !! .

EK ·

So brand jy jou kind toekoms af. Wat n belegging in jou kind. Dalk moet Regering eerder n nuwe rigting loots en sy comrades oplei in bate en beleggings bestuur, verantwoordelikheid en werk vir wat jy wil voordat grondeise verder aandag kry.

Fanie ·

Dan wil hulle die land regeer en die blanke die skuld gee vir hulle agterstand en die staatsprisedent is te vaak om dit raak te sien of te herken dat die probleem nie asv hulle self geskep is nie nee daar is mos blankes wat die skuld kan kry word wakker mnr die presedent en sien die werklike oorsaak van julle agterstand hoeveel goed wat die blankes opgebou het moet nou nog afgebreek en verbrand word

Pieter ·

Ons wat belasting betaal, bevonds die afbrand en vandalisme. Dus – terwyl ons belasting betaal sonder verwagting-het hul genoeg geld om uit te deel en die verwoesting te bevonds.
Hul enigste kans op oorlewing lê in hul vermoeë om hulself op te hef deur akedemiese opvoeding. Eers wanneer hul ‘n bietjie verstaan hoe die wereld werk en daarvoor betaal, sal hul dit oppas.
Ongelukkig is daar sowat 40 miljoen wat nooit daardie vlak sal bereik nie.
Betaal die keiser wat hom toekom-nie wat hy vra nie.

Oom Gert Snr ·

Wanneer raak mens moeg. REGTIG MOEG. Ons betaal sedert ons kinders se skool, naskoolse en verdere opleiding alle kostes vir hulle opleiding. Hierdie is nie sonder enige OPOFFERING nie. Dan die blootstelling aan diskriminerende praktyke. Die praktyk is so demoraliserend negatief. Ek is direk bewus van aangepaste slaagresultate. Wat is nou regverdig?

Tokkolos ·

Jip so betrap ek gister hier in my valley Daspoort 5 nie blank seuns in oop droë veld langs my huis smeek DA al van laasjaar af om veldjie te kom sny Met beloftes maar geen dade Hul besig om veltjie aan die brand te steek met lapas reg rondom wat in n oogwink sou vlam vat Hul ouderdomme tussen 9 en 12 nou vra ek jou hul loop met lighters rond Dankbaar ek kon vinnig hulp kry van ons sektor en hul is met waarskuwing hier weg ????

John ·

….Is die universiteit daar nie ook gesluit nie? Ook griewe… al is alles nou gratis… Waarom nie sommer alles uitdeel by geboorte nie… al die pampiere en grond en groenkaarte na groener weivelde en plakkate vir betogings in die toekoms vir nog… nog… en almal vanuit Zim bly so lekker hier met Ingels as koeterwaaltjie wat uitken verhoed en eet uit plaaslike pappotte en staan ook reeds tou vir plase suid van die Limpopo want Afrika is mos een…

Reguit ·

Oom Sir-ril se “ons mense” brand die skool af en more herinner oom Sir-ril se ander mense jou weer om aanlyn te registreer vir volgende jaar. Wikkel mense, julle moet nou vinnig aanlyn registreer voordat die volgende skool verdwyn, of voordat die onderwys departement se kantore sommer óók dalk more in rook en vlamme verdwyn. Wie weet. Daarom emigreer mense liewer.

Stirrel ·

Los dit so, moet dit nie herstel nie . mense moet die gevolge van hulle dade begin dra. Ons as belastingbetalers word so belas ons kan skaars ons rekeninge byhou maar hierdie ondankbare mense brand skole af . LOS dit net so dat hulle onder bome skoolgaan as hulle regtig nog ernstig is oor skoolgaan .. AFRIKAANS kan mos nou nie meer as verskoning gebruik word nie . .. meer skole is onder demokrasie uitgebrand as in al die jare van apartheid .. iets is mos erens verkeerd dan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.